Shooting their way to the top
The week of October 9 saw the top 1 400 practical pistol shooters in the world – representing 73 countries – compete for the world titles at the world championships held in Polk County, Florida in the USA. Buffalo Rivier Skiet Klub in Newcastle het drie skuts wat aan die wêreld kampioenskappe deelgeneem het. Jean …
The week of October 9 saw the top 1 400 practical pistol shooters in the world – representing 73 countries – compete for the world titles at the world championships held in Polk County, Florida in the USA.
Buffalo Rivier Skiet Klub in Newcastle het drie skuts wat aan die wêreld kampioenskappe deelgeneem het. Jean Engelbrecht (classic afdeling), Pieter Bouwer (ope afdeling) en André van Straaten (senior standaard afdeling).
Die skuts het hulle baie goed van hulle taak gekwyt. In die classic afdeling het Jean dertiende geeindig. Dié afdeling is gewen deur Robbie Latham van die VSA, ongetwyfeld die beste skut in die wéreld, wat reeds sy eerste wêreld titel in 1983 verower het.
André het sesde geeindig in sy afdeling. Magli Esterino van Italië het dié afdeling gewen. Dit is sy derde titel in drie kampioenskappe.
Pieter Bouwer, who competed in the open division, came one-hundred-and-sixty-fourth overall. The open division was won by Max Michel from the USA.
Die resultate is werkwaardig, gesien in die lig dat SA skuts kompeteer teen die beste professionele skuts in die wêreld. Buite SA word skuts ten volle geborg, het vrye toegang tot onbeperkte hoeveelheid wapens en ammunisie.
Eric Graufell van Frankryk het as voorbeeld in die tien maande voor die kampioenskappe 250 000 rondtes geoefen. Dit is meer as 25 000 rondtes ‘n maand!
Jean en André wil BRSC en NKZN Praktiese Pistool Skiet Vereniging bedank vir die bydraes wat hulle gemaak het.



