communityEditor's choiceNews

Unieke Kersmark deur Uelzen Lutherse en NG Dundee Gemeentes

Dundee NG Gemeente en Uelzen Lutherse Gemeente wil juis vir jou help om dit maliker te maak met ’n KERSMARK wat op 29 November om 9:00 op die gronde van die NG Kerk Dundee se kerkkompleks gehou word.

Nog net minder as sewe weke en dan vier die Christelike geloof een van die hoogtepunte op die kerkkalender nl. Kersfees, of laat ons dit eerder noem die datum waarop die Christene die geboorte van Christus herdenk. Ja, die grootste geskenk wat ooit in die wêreld aan enige mens gegee kon word. Dit was nie net ’n geskenk in die gewone taal nie, maar dit was die lewe wat Christus afgelê het om aan die mens weer nuwe lewe te kon gee.
En ons herdenk hierdie wonderlike dag ook met geskenke en baie liefde. Daarom is dit ook ’n tyd van omgee en saam met familie wees – hulle wat vir jou belangrik is. Om iets tasbaarsv ir iemand te gee, is juis om aan die persoon te wys dat jy dankbaar is vir die mooi verhouding tussen julle. Dit gaan om die liefde wat jul met mekaar deel, wat ookal die soort verhouding daar is. Ons as Christene doen dit graag met ’n gepaste geskenk. Somtyds loop ons wye draaie om daardie regte geskenk vir die regte persoon te kan kry. Want dit moet iets baie spesiaals wees.

Dundee NG Gemeente en Uelzen Lutherse Gemeente wil juis vir jou help om dit maliker te maak met ’n KERSMARK wat op 29 November  om 9:00 op die gronde van die NG Kerk Dundee se kerkkompleks gehou word.

Dit is ’n mark uit die gemeenskap vir die gemeenskap. Daar sal ’n verskeidenheid van hand gemaakte artikels te koop aangebied word teen baie bekostigbare pryse.

Dit is ook ’n eerste vir die gemeenskap, maar dit is vir die gemeenskap wat die Gemeente juis sulke geleenthede wil skep. Daar gaan die unieke en wonderlike artikels wees wat deur die Duitse gemeenskap gemaak word wat ’n ander luister verleen aan Kersfees. Hul versierings en eetgoed is uniek en uit die boonste rakke.

Vir inligting kan u Jorieta by die NG Kerk Dundee skakel by 034 212 1919. Almal is welkom om deel te neem of die dag te kom geniet.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Terry Worley

Terry Worley has been associated with the Courier for many years and is involved in the community covering a variety of issues affecting residents. He has a passion for local politics and for the history of the area.

Related Articles

Back to top button