Lucas Meyer Primêre Skool – Fase 2 akademiese toekennings
DIT WAS Donderdag, 13 November, die Fase 2 leerlinge se prystoekenningsfunksie gewees. Dit was ’n spoggeleentheid waar leerlinge erkenning ontvang het vir die jaar se harde werk. Die skoolsaal was volgepak deur ouers en gaste en Juf Botha het ook haar visie vir LMS met die gehoor gedeel. LMS gaan beslis “Werk en Groei.” Ferdie …

DIT WAS Donderdag, 13 November, die Fase 2 leerlinge se prystoekenningsfunksie gewees.
Dit was ’n spoggeleentheid waar leerlinge erkenning ontvang het vir die jaar se harde werk. Die skoolsaal was volgepak deur ouers en gaste en Juf Botha het ook haar visie vir LMS met die gehoor gedeel. LMS gaan beslis “Werk en Groei.”
Ferdie de Villiers, voorsitter van die Beheerliggaam was ons eregas wat die leerders se toekennings oorhandig het. Baie dankie aan John Kitching wat die skriflesing waargeneem het. Baie
dankie aan al die LMS personeel vir al die voorbereidings wat die aand so glad laat verloop het. Groot dank ook aan Hugo Burger, van Leeuw Mining and Exploration vir hulle betrokkenheid by LMS en so ook dank aan Afrimat vir hulle bydra tot LMS se skaak.
Baie geluk aan die volgende klaspryswenners: Gr 4L: Carmen Barsdorf, 4M: Anika Smit en 4S: Kamilla Haasbroek. Gr 5L: Chene Stear en 5M: Ger-Mari Kruger. Gr 6L: Marlie Smit, 6M: Anke Erasmus en 6S: Carina Knoetze. Gr 7L: Antoinette Colloty, 7M: Carla Viljoen en 7S: Jana Schoeman.
Baie geluk aan die volgende leerlinge wat trofeë ontvang het: Leierskap: FS le Roux Wisseltrofee aan Ryno Swanepoel en Carla Viljoen; Volhardende Wenner: Estie de Klerk Wisseltrofee aan Michelle Williams; Staatmaker diens: Dr Matie Pieters Wisseltrofee aan Jaco Swart; Redenaars: Beste Junior Redenaar: Gropp-Stear wisseltrofee aan Kamila Haasbroek; Redenaars: Beste Senior Redenaar: Mercia vd Westhuizen Wisseltrofee aan Tiaan Marais; Redenaars: Beste prestasie: EG Jansen Redenaars trofee aan Chene Stear en Jana Schoeman; Skaak: Beste Junior Skaakprestasie: Afrimat wisseltrofee Jnr aan Petrie de Wit; Skaak: Beste Senior Skaakprestasie: Afrimat wisseltrofee Snr aan Stephan de Wit; Afr Geskiedenis Opstel: Griet Swart wisseltrofee aan Jana Schoeman; Afr Vakprys: Tienie Meyer Wisseltrofee aan Antoinette Colloty en Carla Viljoen; Engels: Gerhard Olckers wisseltrofee aan Zurike Marais; Wiskunde: Riaan Brits Wiskunde Wisseltrofee aan Ryno Swanepoel; NW: Van den Berg Wisseltrofee aan Antoinette Colloty; SW: Aardrykskunde: Drika Coetzee wisseltrofee aan Carla Viljoen; SW: Geskiedenis: Drika Coetzee wisseltrofee aan Carla Viljoen; EBW: AG Visser Trust wisseltrofee aan Carla Viljoen; Tegnologie: Spur wisseltrofee aan Carla Viljoen; KK: Jong Kunstenaars wisseltrofee aan Antoinette Colloty; LO: Greyling-Genis wisseltrofee aan Carla Viljoen; Sportdogter: Berne van Heerden; Sportseun: SW Craig; Veelsydigste leerling: Leeuw Mining and Exploration Limited prys aan Jana Schoeman en Dux 2014: Leeuw Mining and Exploration Limited prys aan Antoinette Colloty.
Baie geluk aan alle leerlinge met hul onderskeie toekennings.



