Latest NewsLocal newsLocal sportNewsSport

Vryheid Atletiekklub – ‘n Glansryke jaareindfunksie

VERLEDE Vrydagaand het die klub se jaarlikse jaareindfunksie en prysuitdeling plaasgevind en dit was definitief ’n geleentheid wat lank onthou sal word. Dit was ’n baie aangename en gesellige aand waartydens ’n paar skape op die spit gebraai is, lekker saam gekuier is en toekennings gemaak is aan die klub se presteerders vir 2014. Dit …

VERLEDE Vrydagaand het die klub se jaarlikse jaareindfunksie en prysuitdeling plaasgevind en dit was definitief ’n geleentheid wat lank onthou sal word.

Dit was ’n baie aangename en gesellige aand waartydens ’n paar skape op die spit gebraai is, lekker saam gekuier is en toekennings gemaak is aan die klub se presteerders vir 2014. Dit was Vrydagaand weereens duidelik dat Vryheid Atletiekklub nie net goed kan presteer op die pad nie, maar dat die klub se lede ook kampioene is wanneer daar heerlik saam gekuier en sosiaal verkeer word.

Die volgende toekennings is gemaak: Dames Atleet van die Jaar – Ingrid van Niekerk; Mans Atleet van die Jaar – Simphiwe Buthelezi; Dontronix Walker of the Year – Cathy Sandalls; Seuns Junior Atleet van 2014 – Ivan Dedekind; Female Grand Master Athlete of the Year – Georgie Tasseron; Male Grand Master Athlete of the Year – Smuts van der Nest; Female Master Athlete of the Year – Cathy de Beer; Male Master Athlete of the Year – Dirk Breedt; Female Veteran Athlete of the Year – Barbara Dicks; Male Veteran Athlete of the Year – Hein Potgieter; Chairman’s Award for 2014 – Carla Muller; Most Active Runner – Dirk Breedt; Comrades Surprise – Michael Richards; Female Time Trialist of the Year – Carla Muller; Male Time Trialist of the Year – Dirk Breedt; Most Improved Female Athlete: Paula Small; Most Improved Male Athlete: Michael Richards; Club Supporter of the Year – Johann Coetzee; Nienaber Trophy – Johann Coetzee; Worker of the Year – Carla Muller; Ladies supporter of the Year – Smuts van der Nest; Vasbyter van die Jaar – Johann Coetzee; Midnight Runner – Hein Potgieter; Laziest Runner of the Year – Cathy de Beer; Clown of the Year – Danie Nelson.

Baie geluk aan al bogenoemde klublede, die klub is bevoorreg om bostaande toekennings aan elkeen van julle te kon maak. ’n Woord van hartlike dank aan die komitee en almal wat betrokke was by die reël van so ’n suksesvolle en heerlike geleentheid.

Vryheid Atletiekklub bly maar steeds een van die spogklubs in Noord-Natal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button