Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Lucas Meyer Primêre Skool – Moo-Poo ‘n hoogtepunt

DIE reaksie uit almal se monde was: “Dit was die grootste en lekkerste Moo-Poo ooit !” Dink aan enige glybaan in terme van hoogste, grootste en vinnigste, dan was dit verseker deel van LMS se jaarlikse Moo-Poo dag. Natuurlik is dit ook die grootste fondsinsamelingspoging wat vir die koshuis gereël word. Vele ouers en belangstellendes …

DIE reaksie uit almal se monde was: “Dit was die grootste en lekkerste Moo-Poo ooit !”

Dink aan enige glybaan in terme van hoogste, grootste en vinnigste, dan was dit verseker deel van LMS se jaarlikse Moo-Poo dag. Natuurlik is dit ook die grootste fondsinsamelingspoging wat vir die koshuis gereël word. Vele ouers en belangstellendes het die fondsinsamelingspoging ondersteun en kaartjies is teen ‘n vinnige tempo verkoop. Baie geluk aan Zurike Marais wat die meeste kaartjies verkoop het, Charne van Wyk in die tweede plek en Lodewyk van Rooyen in die derde plek. Verskeie klasse het in mekaar se nekke geblaas, maar in die juniorfase was mev Mynie Olivier se klas, gr 3M, die wenners. Meneer Pieter Aucamp en sy klas, die gr 6S klas, het as wenners van die seniorfase uit die stryd getree. Die afdag en heerlike Pizzas was verseker die moeite werd!

Verskeie persone en instansies het die Moo-Poo dag ondersteun: mnr Bruce Barsdorff wat die afmetings gedoen het om die wenner te bepaal; mev Rika Maree vir die administrasie; mnr Wynand Swanepoel, wie se beeste die ding moes kom doen en die personeel en matrones met hul bemanning van die speletjies en verkope. Baie dankie aan almal wat bygedra het tot ‘n dag wat seepglad verloop het.

November eksamen: Alle graad vier tot sewe leerlinge is op die oomblik besig om hul finale punte vir 2014 af te handel. Die eindeksamen word Vrydag, 28 November, voltooi. Die akademiese program vir 2014 word dan afgesluit en dan begin alle personeel met hul voorbereidings vir 2015.

Kalender

3 en 4 Desember – Leieropleidng

10 Desember – Skoolsluiting en afhaal van rapporte

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button