Local newsLocal sportNewsSport

Vryheid Atletiekklub – Nuwe komitee aangestel vir 2015

DIE klub se Algemene Jaarvergadering het verlede Donderdagaand by die klubhuis plaasgevind. Uit die verskillende verslae is dit duidelik dat die Vryheid Atletiekklub ’n baie suksesvolle 2014 agter die rug het. Verskeie suksesvolle wedlope is aangebied en klublede het goed presteer tydens wedlope in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en selfs so vêr as die Twee Oseane Marathon …

DIE klub se Algemene Jaarvergadering het verlede Donderdagaand by die klubhuis plaasgevind.

Uit die verskillende verslae is dit duidelik dat die Vryheid Atletiekklub ’n baie suksesvolle 2014 agter die rug het. Verskeie suksesvolle wedlope is aangebied en klublede het goed presteer tydens wedlope in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en selfs so vêr as die Twee Oseane Marathon in Kaapstad.

Donderdagaande is tydtoetse op ’n gereelde basis gehou en is daar heerlik sosiaal saam verkeer; ’n groot getal klublede neem aktief gereeld aan daaglikse kluboefeninge deel en daar is ’n baie suksesvolle Robbie Wessels-optrede gehou.

In ’n tyd waar baie sportklubs stagneer en selfs ten gronde gaan, is dit ‘n riem onder die hart om te sien hoedat Vryheid Atletiekklub net van krag tot krag gaan danksy ‘n baie toegewyde bestuur en aktiewe klublede. Die klubbestuur van 2013/14 word dan ook hartlik bedank vir hul harde werk en die entoesiasme waarmee hulle leiding gegee het.

Tydens die Algemene Jaarvergadering is die volgende bestuur vir 2014/15 verkies: Paul Marques (voorsitter); Sue van Eden (ondervoorsitter); Carla Muller (sekretaresse); Ina Els (tesouriere); Ingrid van Niekerk (klubkapteine) en die volgende persone as addisionele lede: Monty Coleman; Andre Smit; Daylene Theron; Roslyn Els; Mandy O’Reilly asook Ellen Gropp.

Dit is met vertroue dat die leiding van die klub aan die nuwe komitee oorhandig word en hulle word sterkte en voorspoed toegewens vir hul belangrike taak.

Die afgelope Saterdag het ’n groot aantal van ons klublede aan die baie gewilde Michaelis Challenge deelgeneem. Dit was ’n baie goed georganiseerde wedloop en die roetes was almal deur van die pragtigste dele in Vryheid en omgewing. Die klublede het goed presteer (deelnemers se name en tye verskyn elders in die Vryheid Herald) en veral Ingrid van Niekerk wat 3de geëindig het van die dames wat aan die 21,1 km wedloop deelgeneem het, verdien spesiale vermelding.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button