Atlete presteer in Bloemfontein
‘n Paar van Ferrum Hoërskool se spogatlete het aan die Grey Kollege atletiekbyeenkoms in Bloemfontein deelgeneem. Hulle was uitstekende ambassadeurs vir Ferrum en het goed gevaar. Die atlete het die volgende posisies behaal: Dogters o/14: Alinda Holder– 6de plek in die 300m hekkies en 6de plek in die 90m hekkies. Seuns o/14: Johandré Buitendach– 4de …
‘n Paar van Ferrum Hoërskool se spogatlete het aan die Grey Kollege atletiekbyeenkoms in Bloemfontein deelgeneem.
Hulle was uitstekende ambassadeurs vir Ferrum en het goed gevaar.
Die atlete het die volgende posisies behaal:
Dogters o/14: Alinda Holder– 6de plek in die 300m hekkies en 6de plek in die 90m hekkies.
Seuns o/14: Johandré Buitendach– 4de plek in die 400m en 800m.
Dogters o/15: Marike Roos– 3de plek in die 800m en 5de plek in die 400m.
Seuns o/15: Driaan de Clercq– 8ste plek in die 800m en 1500m.
Seuns o/16: Siphamandla Dlamini– 6de plek in die 800m en 8ste plek in die 1500m.
Seuns o/16: Jacques Viviers– 2de plek in die 400m hekkies en 4de plek in die 110m hekkies.



