Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Lucas Meyer Primêre Skool – ‘n Nuwe jaar met nuwe eise en uitdagings

Eckhardt Potgieter (hoofseun); Berne van Heerden (Hoofdogter); Tiaan Marais (o/hoofseun) en Marli Smith (o/hoofdogter) is gereed vir die take wat hulle gaan aanpak in 2015. Ons wens hul sterkte toe met hul taak as hoofleiers.

Agter: Anneke Aucamp; Ilze Verster en Di-Mari Kok. Voor: Mareli Smith; Berne Van Heerden; Eckhardt Potgieter en Tiaan Marais.
Agter: Anneke Aucamp; Ilze Verster en Di-Mari Kok. Voor: Mareli Smith; Berne Van Heerden; Eckhardt Potgieter en Tiaan Marais.

NUWE personeel by ‘n skool bring altyd nuwe energie en ons sien daarna uit om saam met mev Waldi Liversage, mev Anneke Aucamp en me Di-Mari Kok die taak aan te pak.

Mev Waldi Liversage.
Mev Waldi Liversage.

 

Ons glo hul verbintenis met LMS sal positief wees. Mev Ilze Verster los af in mev Mynie Olivier se pos, wat tans op kraamverlof is. Baie geluk aan mnr Pieter Aucamp en mev Anneke Aucamp wat tydens die Desember vakansie getroud is. Ons wens hulle voorspoed toe met die getroude lewe.

Hoofleiers 2015: Eckhardt Potgieter (hoofseun); Berne van Heerden (Hoofdogter); Tiaan Marais (o/hoofseun) en Marli Smith (o/hoofdogter) is gereed vir die take wat hulle gaan aanpak in 2015. Ons wens hul sterkte toe met hul taak as hoofleiers.

Ontvangs van nuwe leerlinge: Nuwe graad RR tot graad 7 leerlinge is ingewag by LMS. ‘n Groot groep ouers het hul kinders kom afsien en die nuwe graad 1 leerlinge het tydens die eerste saal byeenkoms slim antwoorde gegee vir moeilike vrae. Die graad R leerlinge se klasse lyk pragtig en dit was veral die miniatuur tafeltjies en bankies wat tydens broodjietyd goed benut is. Die akademiese rooster is alreeds in plek en elke leerling het die handboeke en skrifte ontvang. Die sportuitdunne word afgehandel en 2015 kan begin.

SA Junior Skaakkampioenskap – Kimberley 3-10 Januarie 2015: Stephan, Petrie en Marnus het deelgeneem aan die Inter-Streek afdeling sowel as die ‘wild card’. Tydens die Inter-Streek speel hulle vir WP. Stephan se span kry goud (eerste). Stephan kry ook die bordprys. (Beste gedoen van die spanne op bord 4). Hy wen 6 ½ uit 7. Petrie se span kry goud (eerste). Marnus se span kry silwer (tweede).

Wild Card: Ons hou egter hier ingedagte dat hulle die jaar ‘n jaar jonger is, as meeste van die deelnemers. Stephan eindig in o/14 seuns: Gesamenlik 22ste uit 76. Petrie eindig o/12 seuns: Gesamenlik 28ste uit 115. Marnus eindig in die Wild Card o/8 seuns: Gesamenlik 20ste uit 42.

Gr 4 Inligtingspraatjie: Mev Marinette van der Nest (graadhoof), asook juf Landman en Kok, ondersteun deur juf Anta van Rensburg het die graad 4 ouers te woord gestaan. Ons glo dat al die vrae beantwoord kon word en dat al die nuwe leerareas vinnig onder die knie gekry gaan word.

LMS Koshuis: Mnr en mev Smith in samewerking met die diensdoenende personeel het vir elke leerling baie vinnig ingeburger in die koshuis. Matron Elsa en haar span het gesorg vir ‘n heerlike aandete. Die badkamers in die koshuis se plafonne is vervang en die lyk soos nuwe badkamers. Die Hoërskoolkoshuisprefekte het in die laaste week die vakansie skouer aan die wiel gesit en elke gang lyk pragtig. Julle is ware staatmakers.

Kalender

30 Januarie : Atl Velditems

4 Februarie : Atl Baanitems

6 Februarie : Atl Filididistreek

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button