Hoërskool Pionier – Vet pret by Pionier
Die Leerlingbestuur en koshuisprefekte het op die naweek van 15-18 Januarie ‘n leierskamp bygewoon. Vir baie van hierdie leerlinge was dit ‘n uitdagende kamp en het hulle baie nuwe dinge van hulleself geleer. Dankie vir almal se entoesiasme, ons is trots op julle.

GEDURENDE die eerste week terug by die skool, het daar reeds soveel opwindende aktiwiteite plaasgevind.
Graad 8’s: Die skool se nuwelinge het Woensdagoggend met polsende harte en groot oë by Pionier ingestap, minwetend wat op hulle wag. Die beste vyf jaar van hulle lewens! In die eerste week van skool het die graad 8’s deelgeneem aan boeresport, die matrieks het hulle geleer hoe om die Pionier dans te doen en hulle het hulle eerste sokkie bygewoon. Die jaarlikse vrugtefees het ook plaasgevind waar die Pionier leerders mekaar met vrugte en moelasse besmeer het, en die res van die skool het kans gekry om die graad 8’s beter te leerken. Dit was vet pret. Die graad 8 kamp het ook die afgelope naweek plaasgevind en ons bedank graag die personeel wat betrokke was en dit ‘n sukses gemaak het.
Landloop: Die verskeie laers het Donderdag, 22 Januarie, deelgeneem aan die landloop en die punte lyk soos volg: Dogters: Minjonet wen met 113 punte; Ixia is tweede en Disa derde. Seuns: Beyers en Delarey deel die eerste plek met 103 punte elk en Dewet is tweede.
Die volgende leerders het eerste ingekom: Dogters: René van Heerden (derde plek); Michelle Pelzer (tweede plek) en Nicole Pelzer (eerste plek). Seuns: Roland Breedt (derde plek); Ruan Naudé (tweede plek) en Rudi Barkhuizen (eerste plek).
Senior rugbyproewe: Ons bedank graag die personeel en ouers wat betrokke was en hand bygesit het by die proewe.
Top 10 November Eksamen 2014: Graad 8: Johanette Wilken (eerste); Annika Kleynhans; Wilma Gregory; Roland Breedt; Xander van Heerden; Jan-Paulus Kruger; Monique de Villiers; Ruan Nortje en Angie van Tonder. Graad 9: Liandi Ferreira (eerste); Ankia Saayman; Chezélle Stear; Juliette Muller; Dian Swanepoel; Marike Killian; Theo Duvenage; Annaline van Tonder; Waldo Durand en Bianca Steyn. Graad 10: Jana Grobbelaar (eerste); Juanita Botha; Euné Bosch; Karla Combrinck; Jenna Breedt; Simoné Combrinck; Nomkhosi Ndaba; Jahnté Smuts; Louice Beytell en Hannis Vreken. Graad 11: Nicole Pelzer (eerste); Keeza Kriel; Berni Smith; Stephan Kruger; Heidi Steffen; Rudi Barkhuizen; Karen Engelbrecht; Riaan Le Roux; Ashley Fourie en Suzanne van Straaten.
Leerlingbestuur kamp te ATKV Drakensville: Die Leerlingbestuur en koshuisprefekte het op die naweek van 15-18 Januarie ‘n leierskamp bygewoon. Vir baie van hierdie leerlinge was dit ‘n uitdagende kamp en het hulle baie nuwe dinge van hulleself geleer. Dankie vir almal se entoesiasme, ons is trots op julle.



