Lucas Meyer Primêre Skool – Skaakmaat vir die De Wit broers
NA HUL pragtige uitslae tydens die SA Junior Kampioenskappe te Kimberley, het Stefan, Petri en Marnus die naweek van 30 Januarie aan die Piet Robbertse Skaaktoernooi te Pretoria deelgeneem. Hulle vaar goed en doen weereens waardevolle ondervinding op. Atletiek 2015: Die afgelope Desembervakansie was vir verskeie van LMS se topatlete ook ‘n tyd van voorbereiding …
NA HUL pragtige uitslae tydens die SA Junior Kampioenskappe te Kimberley, het Stefan, Petri en Marnus die naweek van 30 Januarie aan die Piet Robbertse Skaaktoernooi te Pretoria deelgeneem.
Hulle vaar goed en doen weereens waardevolle ondervinding op.
Atletiek 2015: Die afgelope Desembervakansie was vir verskeie van LMS se topatlete ook ‘n tyd van voorbereiding vir die atletiekprogram wat so vroeg in 2015 in aanvang geneem het. Tydens die velditembyeenkoms, wat op LMS se sportveld aangebied is, het verskeie ouers en personeel saamgespan om ‘n byeenkoms van hoë gehalte aan te bied. Mev Marelise Joubert, LMS se sportorganiseerder, het met die hulp van mnr Venter, mnr Van Schalkwyk en die werkers ‘n netjiese atletiekbaan voorberei. Die tweede been van LMS se atletiek word Woensdag, 4 Februarie, op Pionier se sportveld aangebied. Ons sien ook uit na die deelname van LMS en Karnallie se voorskoolse leerders aan die atletiekbyeenkoms.
Graadeen inligtingspraatjie: Na ‘n hele week van die groot skool agter die blad het LMS se graadeen ouers ‘n kuieraand saam met die graadeen personeel geniet in hul kinders se klaskamers. Sinvolle inligting vanaf die onderwyseresse is deurgegee, maar dit was ook vraetyd wat ouers saam met die personeel kon deurbring. Ons glo dat elke LMS kind is gelukkig en gerat vir 2015.



