Vryheid Atletiekklub – Liefde in die lug vir Valentynsdag pretdraf
OP MAANDAG, 9 Februarie, gaan daar baie liefde (en oefening) in die lug wees rondom Dee’s Restaurant! Die Vryheid Atletiekklub bied weer die Dee’s Valentyns Pretdraf aan. Die inskrywings kos R15-00 en open 4:00nm. Die 2,5km of 5km pretdraf begin om 5:30nm. Almal wat klaar maak kry ‘n medalje. Kinders word bederf met lekkers …
OP MAANDAG, 9 Februarie, gaan daar baie liefde (en oefening) in die lug wees rondom Dee’s Restaurant!
Die Vryheid Atletiekklub bied weer die Dee’s Valentyns Pretdraf aan. Die inskrywings kos R15-00 en open 4:00nm. Die 2,5km of 5km pretdraf begin om 5:30nm. Almal wat klaar maak kry ‘n medalje. Kinders word bederf met lekkers en ‘n springkasteel, daar word musiek gemaak en daar is kos teen goedkoop pryse beskikbaar. Die skool met die meeste inskrywings kry ‘n kontantprys. Maak seker dat julle hierdie ‘liefdevolle’ gesinsgeleentheid nie mis loop nie!
Die afgelope naweek was ons lede op verskeie maniere aktief gewees. ‘n Hele paar van ons atlete het Volksrust toe gereis om verskillende afstande te stap of te hardloop. Die uitslae kan in die ‘Sports results’ gedeelte van die koerant gevind word.
Ons is veral trots op Sibusiso Shezi wat tweede plek behaal het in die 21,1km hardloop wedloop en Cathy Sandalls wat die eerste vrou was in die 21,1km stap wedloop. Geluk aan almal wat die klub verteenwoordig het en veral aan Michelle Fouche wat haar eerste 21,1km wedren voltooi het.
Nhlanhla Ncube het ons verteenwoordig op die atletiekbaan. In die 3000m was sy tyd 9min36sek (posisie 7) en in die 1500m was sy tyd 4min40sek. Geluk ook aan ons lede wat geswem het by Chelmsford dam: Mark Dedekind (17min); Catia Marques (21m14s); Michael Richards (21m54s); Dalene Theron (22 min) en Adel Richards (28m58s) het 1000m voltooi en Dietmar Dedekind (18min) en Rudi Dedekind (18min) die 500m. Wel gedaan!
Maak gerus van ons 5km/10km/21km/42km wedloop ‘n nota wat op Sondag, 15 Maart, by Natal Spa gaan plaasvind. Die roetes is fantasties en die begin- en eindpunt is binne in Natal Spa.
Ons herinner graag ons huidige lede of iemand wat wil aansluit om op www.athletics.org in te teken en klubgelde aan Vryheid Atletiekklub te betaal. Lisensies sal slegs tot einde Februarie beskikbaar wees.
Donderdae vind tydtoetse om 5:30nm by die klub plaas. Almal is welkom om saam te draf of te stap. Daar is 5km of 10km roetes om aan deel te neem en daarna vind ‘n bring-en-braai plaas. Vir verdere besonderhede kontak gerus ons sekretaresse, Carla, by 084 477 7704.



