Hoërskool Pionier – Leerders is ons trots by PHS
Pionier het nou amptelik sy eie Facebook blad, waar almal op hoogte kan bly van die skool se aktiwiteite, fotos en videos. Gaan like gerus ons 'page' en word deel van al die pret!
DIE Interhuis swemgala het op Maandag, 2 Februarie, plaasgevind.
Die leerlinge het in die reën geswem en nogsteeds goed presteer en ‘n hele paar rekords verbeter. Die Victor Ludorums was: Waldo Durand (senior) en Jaco Lourens (junior) en die Victrix Ludorums was: Ashley Reimers (senior) en Tanja van Biljon (junior). Die wenlaers was Minjonet en Dewet en die gekombineerde wenlaer was Minjodella met 750 punte. Disa en Beyers het die geestrofee gewen.
NKZN tennisproewe: Die o/15 tennisspelers het Vrydag, 6 Februarie by St Dominics gespeel. Daar was altesaam 21 spelers wat deelgeneem het. Johanette Wilken het eerste plek behaal vir die B-span dogters en sy is ook gekies as reserwe vir die A-span dogters. Lourens Mentz behaal derde plek vir die B-span seuns. Christiaan Zietsman is reserwe vir die B-span seuns. Die o/19 tennisspelers het Saterdag, 7 Februarie by St Dominics gespeel. Daar het altesaam 24 spelers deelgeneem. Lara Dedekind behaal vierde plek vir die B-span dogters. Johan Mentz behaal tweede plek vir die A-span seuns en gaan 5-8 Maart 2015 vir Natal-proewe in Pietermaritzburg.
Koorkamp: Die koorkamp het die naweek plaasgevind en het goed afgeloop. Die leerders het baie nuwe liedjies geleer en ons sien uit om dit te hoor!
Rugby oefenkamp: Die oefenkamp wat die naweek (6-7 Februarie) plaasgevind het, was hope pret en die manne sien uit na ‘n uitdagende en bedrywige seisoen wat vir hulle voorlê. Baie dankie aan almal wat betrokke was.
Ruitersport: Christel Liebenberg het Vrydag, 6 Februarie aan ruitersport deelgeneem in Mpumalanga en sy het ‘n tweede plek, twee derde plekke en een vierde plek behaal. Baie geluk, Christel!
Midmarmyl: ‘n Handjie vol van Pionier se leerders, sowel as Juffrou Gerber, het die naweek die Midmarmyl geswem. Baie geluk aan almal wat klaar gemaak het, dit sit nie in almal se broek om te swem soos ‘n vis nie!
Atletiek: Annerie Lens het aan die ASA – atletiek deelgeneem op 7 Februarie en het ‘n eerste plek behaal in diskus. Baie geluk!
Die Atletiek kringbyeenkoms het ook die afgelope naweek (7 Februarie) plaasgevind en Pionier se atlete het baie goed gevaar. Hierdie atlete berei hierdie week voor vir die Streekbyeenkoms wat Vrydag, 13 Februarie gaan plaasvind. Sterkte aan hierdie atlete!
Die Interskole atletiek vind Saterdag, 14 Februarie in Newcastle plaas by Hoërskool Ferrum. Baie sterkte ook aan al ons atlete wat gaan deelneem.
Pionier se eie Facebook-blad: Pionier het nou amptelik sy eie Facebook blad, waar almal op hoogte kan bly van die skool se aktiwiteite, fotos en videos. Gaan like gerus ons ‘page’ en word deel van al die pret!



