Local newsNewsSchools

LMS leerlinge praat die wêreld aan die brand

Ons het groot waardering vir elke leerling se ouers wat tyd uitgekoop het om hul kinders te ondersteun.

WOENSDAG, 18 Februarie, het LMS hul jaarlikse redenaarskompetisie gehou.

Die program is in twee afdelings aangebied. Die gr 4 en gr 5 leerlinge het in die junior afdeling deelgeneem en die gr 6 en gr 7 in die senior afdeling. Mev Marinette van der Nest was aan die stuur van sake en sy het die mediasentrum pragtig voorberei. Mnr Rudi van Wyk het opgetree as voorsitter en albei afdelings se program het vlot verloop. Die geakkrediteerde beoordelaars mev J Hoffman, A Vermaak en T Meyer het hul puik gekwyt van hul taak. Mev Rentia Pretorius het as tydbeoordelaar opgetree.

Die volgende leerlinge het deelgeneem aan die kompetisie: Juniors: Cay-Li Birkenstock; Rayvonne Viljoen; Lianca Landman; Nina Coetzee; AJ Knoetze; Anika Smit; Johanne Smith; Nadine van Wyk; Zoë Richards; Anika Dedekind en Janus Pretorius. Seniors: Lume Mentz; Anrie Janse van Rensburg; Xander Richards; Isabel Labuschagne; Marlie Smit; Kayla Becker; Cole van Rooyen; Chene Stear; Tiaan Marais; Berne van Heerden; Mieke van der Walt en Cayla Putter. Baie geluk aan hierdie leerders. Ons het groot waardering vir elke leerling se ouers wat tyd uitgekoop het om hul kinders te ondersteun.

LMS verjaarsdag: Met die 85ste verjaarsdag van LMS het ons ‘n siwwiedag geloods en ‘n pragtige bedrag van R2150-00 is ingesamel. Die fondse is oorbetaal aan die kankerlyertjie Anika Benade se bankrekening. Baie dankie aan elke leerling wat deel was van die projek.

SAOU kursus: Die volgende personeel, nl juf Anta van Rensburg, mev M Riley, J Hoffman en H Maritz het Saterdag, 21 Februarie ‘n kursus te Dundee bygewoon wat deur die SAOU aangebied is. Die belangrike aspek, nl Hoe om leerhindernisse te identifiseer by leerlinge en die prosedure om dit aan te spreek, is onder andere hanteer.

Atletiek: Baie geluk aan die 31 leerlinge wat in die Bhekuzulu Atletiekspan ingesluit is wat Vrydag, 27 Februarie, te Ulundi gaan deelneem. Hulle atlete vorm deel om die Zululand span te haal. Verskeie LMS ouers het ook as beamptes opgetree tydens Filidibyeenkoms te Pionier. Baie dankie vir bereidwilligheid om die atlete om die manier te ondersteun.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button