Local newsNewsSchools

Hoërskool Pionier – Gereed vir nuwe uitdagings

DIE atletiekseisoen het op ‘n hoë noot geeindig, nou berei ons voor vir die Puk 16 – reeks wat op 28 Februarie afskop. Puk groep 7 atletiek: Pionier se atlete het soos volg presteer: Jessica Taylor: silwer, 100m hekkies. Johanette Wilken: goud, hoogspring, stel ook nuwe rekord op, sy ontvang ook brons vir verspring. Natasha …

DIE atletiekseisoen het op ‘n hoë noot geeindig, nou berei ons voor vir die Puk 16 – reeks wat op 28 Februarie afskop.

Puk groep 7 atletiek: Pionier se atlete het soos volg presteer: Jessica Taylor: silwer, 100m hekkies. Johanette Wilken: goud, hoogspring, stel ook nuwe rekord op, sy ontvang ook brons vir verspring. Natasha Kleyn: goud, gewigstoot en stel ook ‘n nuwe rekord op. Anandi Blaauw: goud, 400m hekkies en silwer vir verspring. Anneri Lens: goud, diskus en brons, gewigstoot. Zandri Meyer: goud, diskus en stel ‘n nuwe rekord op, sy ontang ook silwer vir gewigstoot. Charles Meintjies: silwer, spiesgooi. Christiaan Swanepoel ontvang twee silwer medaljes vir spiesgooi en gewigstoot en brons vir diskus. Stefan de Beer ontvang goud vir diskus.

Brugbou: Harrismith: ‘n Handjievol leerders het Pionier op 19 Februarie by Hoërskool Harrismith verteenwoordig by die jaarlikse brugboukompetisie. 35 skole het deelgeneem en Pionier het 12de geeindig. Pionier se sterkste brug kon 19.5kg dra. Die wenbrug kon 100kg dra. Die leerders het dit geniet en baie geleer.

Leerlingraad: Baie geluk aan ons hoofleiers en die leerlingraad wat leierskapsertifikate ontvang het. Pionier is in goeie hande.

Spar KZN-streek hokkie toernooi 2015: Pionier het op 21 Februarie as gasheerskool opgetree en ‘n suksesvolle hokkie toernooi aangebied. SPAR was die hoofborg van hierdie toernooi. Tien skole het meegeding in twee poele. Poel A: St Dominics, Pionier, Pongola Akademie, Sarel Cilliers en Amajuba Hoërskole. Poel B: Ferrum, Dundee, Vryheid, Newcastle en Utrecht Hoërskole.

Semi-finaal: St Dominics eerste met ses punte en Pionier tweede in die semi-finaal teen Ferrum. Dundee en Ferrum het eerste en tweede plek behaal in Poel B.

Pionier teen Ferrum: Wenners word bepaal deur die doelwagters se vernuf, omdat geen doele aangeteken is nie. Pionier slaag met een doel teen Ferrum, en Ferrum met vier doele teen Pionier. Pionier het derde plek behaal in die toernooi. Dankie aan die spelers, afrigters en skeidsregters wat hierdie dag met soveel sportmangees aangepak het. Dankie ook aan SPAR se borgskap wat hierdie toernooi moontlik gemaak het.

Seuns hokkie: Die seuns hokkie het die afgelope naweek gespeel by St Dominics. Die tellings loop soos volg: Pionier vs Newcastle Hoerskool: 0-0; Pionier vs Ladysmith Hoërskool: verloor 0-2; Pionier vs St Dominics Academy: verloor 0-3.

Sport teen Sarel Cilliers: Ons sportspanne het nie teleurgestel nie: Rugby: o/14: wen 24-0; o/15: wen 31-14; o/16: speel gelykop 5-5; tweede span: speel gelyk op 0-0; eerste span: wen 29-7. Eerstespan speler van die wedstryd: Ryan van der Westhuizen. Baie geluk! Netbal: o/14A: wen 12-11; o/14B: verloor 6-7; o/15A: wen 30-2; o/16A: wen 22-7; o/16B: wen 10-6; tweede span: wen 18-10 en eerste span: wen 32-6. Hokkie: o/14: wen 3-1 en o/16: wen 5-0.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button