Local newsLocal sportNewsSport

Vryheid Athletics Club – Dankie aan die borge

DIE spesiale Comrades naweek het al Donderdagaand, 28 Mei begin met ‘n baie spesiale kerkdiens gehou deur Ds. Ferdinand van Niekerk en daarna het die atlete elkeen hulle spesiale Comrades hemde ontvang. Dankie aan die borge van die Comrades hemde: Wishing Well, Tango Foxtrot Sekuriteit, Natal Plumbers, T3 Enterprises, Orizon Project Managers and I Kusel …

DIE spesiale Comrades naweek het al Donderdagaand, 28 Mei begin met ‘n baie spesiale kerkdiens gehou deur Ds. Ferdinand van Niekerk en daarna het die atlete elkeen hulle spesiale Comrades hemde ontvang.

Dankie aan die borge van die Comrades hemde: Wishing Well, Tango Foxtrot Sekuriteit, Natal Plumbers, T3 Enterprises, Orizon Project Managers and I Kusel Fisioterapie. Die hardlopers dra nog vir jare hierdie hemde met trots. Dankie ook aan Van Der Nest Apteek wat allerhande hulpmiddels aan die atlete geborg het.

Op Sondag, 31 Mei was dit toe die groot dag, waar maande se harde oefening beloon word. Ons 16 atlete het goed gevaar, ten spyte van baie warm weerstoestande. Uiteindellik het net 4 van ons atlete nie betyds die einstreep kon haal nie. Baie geluk aan elkeen van julle wat deelgeneem het. Die uitslae is elders te vind.

Op Donderdagaand, 4 Junie, is Comrades toe afgesluit met die tradisionele “Aches and Pains” funksie. Die atlete het hulle stories gedeel, die Comrades roete bord geteken en almal teenwoordig het hamburgers geniet, ten spyte van die snerpende koue.

Alhoewel Comrades nou verby is, gaan die oggend oefening nog steeds aan op Maandae, Woensdae, Vrydae en Saterdae om 5 uur vananf Stegen’s garage. Tydtoetse gaan ook nog voort, elke Donderdag om 17h15. Kom hardloop of stap gerus saam en bring iets saam om na die tyd te braai.

Vir verdere besonderhede kontak gerus ons sekretaresse Carla by 084 477 7704.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button