EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Strelitzia stem vir Newcastle

Lede van die Strelitzia Vroue-Instituut het die ondervinding met die Kwêlakameraspan en veldaanbieder en inhoudvervaardiger, Therese Benade baie geniet.

Lede van die Strelitzia Vroue-Instituut het die ondervinding met die Kwêlakameraspan en veldaanbieder en inhoudvervaardiger, Therese Benade baie geniet.

Van die vroue was aanvanklik baie oorweldig, maar die span het hulle gou op hulle gemak laat voel.

Die regisseur het die vrae gemaklik laat vra en hulle kon dit baie rustig antwoord. Die herhaaldelike oor en oor verfilming het die dames ook lekker laat lag.

Die Strelitziaspan is positief en voel geëerd om deel te kon wees om ons pragtige dorp se naam te bevorder. Hulle sien vreeslik uit na insetsel oor Newcastle.

“Ons gaan beslis stem en hou styf duim vas dat ons dorp wen,” sê Strelitzia Vroue-Instituut President, Deidrè Saaijman.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button