Local newsLocal sportNewsSport

Vryheid Mountainbiking Club – Bergfietsryers bereik goeie uitslae by Biltongfees

Met ons laaste oefeninge in die week het die spanning al begin loop toe ons vir Tristan Hahn op ons laaste oefenrondtes raakloop. Riaan Muller (Pionier se hoof) het vir Tristan (Riaan se swaer) uit Gauteng ingevoer om die naweek in Dundee te kom deelneem. Sneaky!

Zauco Van Den Berg en Tristan Hahn spook dit uit om die eerste plek te behaal.
Zauco Van Den Berg en Tristan Hahn spook dit uit om die eerste plek te behaal.

DIE afgelope naweek het weer vir groot opwinding gesorg toe ‘n groot gedeelte van ons Vryheid Bergfietsklub aan die Pionier/Biltongfees Bergfietswedren deelgeneem het.

Met ons laaste oefeninge in die week het die spanning al begin loop toe ons vir Tristan Hahn op ons laaste oefenrondtes raakloop. Riaan Muller (Pionier se hoof) het vir Tristan (Riaan se swaer) uit Gauteng ingevoer om die naweek in Dundee te kom deelneem. Sneaky!

Happy finishers.
Happy finishers.

Tristan het ‘n baie mooi tweede plek behaal in die ope mansafdeling van die 45km wedren in ‘n tyd van 1:47:21. Zauco van den Berg het egter die wedren gewen deur sy kop eerste deur die wenstreep te steek in ‘n tyd van 1:47:20. Klaas Meintjies was derde in ‘n tyd van 1:50:10.

Jammer, Klaas, hoor jy het bietjie verkeerd gery. Sandra Haywood het die ope vroue afdeling gewen met ‘n fantastiese tyd van 2:02:16 en Lize Swanepoel was net agter haar in ‘n tyd van 2:11:07. Geluk julle twee! Die eerste junior was Ernest Franzen in ‘n fantastiese 2:10:36. Mooi, Ernest!

Ander deelnemers was Jacques Odendaal (1:50:31); Everette Haywood (1:57:46); Riaan Swanepoel (1:59:40); Flip Krugel (2:03:45); Martyn Bean Sr (2:06:14); Ronell Keeve (2:28:00); Loumey Swanepoel (2:31:23) en Wynand Swanepoel (2:31:23).

25km wedren: Christiaan van Dyk, eerste plek (1:02:25) en Ryno Swanepoel, tweede plek (1:08:29). Mooi, seuns. Ander deelnemers: Martyn Bean Jr (1:18:05) en Willem Richter het met sy kinders ook die 25km gery. Baie geluk aan almal wat deelgeneem het. Dankie Pionier en Eugene Bosch vir julle moeite met die roete. Ons sien uit na volgende jaar se wedren.

Bergfietsry is ‘n lekker familiesport om aan deel te neem. Ons wil almal uitnooi om van die lieflike wintersmiddae gebruik te maak oor naweke en in die vakansie die tyd te geniet om saam met hulle kinders fiks te word en tyd saam te spandeer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button