Vryheid vat hande met AfriForum vir vooruitgang
“Ek sien uit daarna om saam met AfriForum daadwerklike veranderings te bewerkstellig met die veldtogte wat ons gaan aanpak,” sê Nel. Die tak sal daarop fokus om plaaslikeregeringsprobleme op te los, die natuurlike omgewing te bewaar en gemeenskapsveiligheid op te skerp.
VRYHEID soek vooruitgang en daarom vat dié dorp se inwoners nou hande met AfriForum.
AfriForum sal onder meer die swak paaie, probleme by Klipfontein-rioolwerke, die onwettige vullisterrein en stukkende straatligte pak. Die AfriForum Vryheid-tak het by sy jaarvergadering bespreek hoe hulle nuwe lewe in die gemeenskap sal blaas en ‘n merkbare verskil sal bewerkstellig.
Ses nuwe bestuurslede is verkies wat dié groot taak sal aanpak: Henry Nel is as nuwe voorsitter verkies; Leon Prinsloo is ondervoorsitter; Jade Parkins is die nuwe sekretaresse; Brigitte Alston die penningmeester; André van der Walt sal fokus op omgewingsake en Albina Janse van Rensburg is as bykomende bestuurslid verkies.
“Ek sien uit daarna om saam met AfriForum daadwerklike veranderings te bewerkstellig met die veldtogte wat ons gaan aanpak,” sê Nel. Die tak sal daarop fokus om plaaslikeregeringsprobleme op te los, die natuurlike omgewing te bewaar en gemeenskapsveiligheid op te skerp.

“Selfdoenaksies raak ‘n ál groter prioriteit, omdat plaaslike regerings net nie die mas opkom nie. Ons Vryheid-tak is egter net so sterk soos sy lede. Die gemeenskap, insluitend die jeug, moet betrokke raak by AfriForum se aksies. Dít is hoe ons voortuitgang sal sien,” sê Chris Fourie, AfriForum se provinsiale koördineerder in KwaZulu-Natal.
Word deel van die AfriForum Vryheid-tak deur “Vryheid” na 45267 te SMS teen R1.