Renosters wys hulle staal
Uitslae: Edrich Nortje 2 x goud, Nollie Brown goud, JC Botha silwer, Wiehan Wheelan silwer en Dawie Botha brons.

Op Saterdag,1 Augustus,het agt plaaslike stoeiers aan die Johny Reitz Ope in Pretoria deel geneem.
Daar was meer as 500 van ons land se top stoeiers en ook spanne van Amerika, Frankryk en Mauritius. Die stoei was van n hoe standard en ons renosters het nie teleurgestel nie. Ons plaaslike span palm drie goud twee silwer en een brons medaljes in. Die twee Botha broers, JC en Dawie, het beindruk. Hulle het gewys met harde werk en opoffering kan mens presteer.
Hierdie twee Lucas Meyer leerders woon drie keer n week stoei oefeninge by in Glencoe .nog relatiewe groentjies in die sport wat hulle in 2014 eers begin beoefen het maar op die stoei mat lyk hulle so tys soos ou veterane.daar is geen tekort aan ywer en geesdrift by hierdie seuns.
Die tempo waar op hulle verbeter voorspel niks goeds vir hulle oppenente nie.
Uitslae: Edrich Nortje 2 x goud, Nollie Brown goud, JC Botha silwer, Wiehan Wheelan silwer en Dawie Botha brons.



