Ichthus atlete skitter by Interskole Atletiek!
Ichthus bedank Hoërskool Dundee vir die gebruik van hul atletiekfasiliteite!
Op Saterdag, 15 Augustus 2015, het atlete van Ichthus Christelike Skool, Domino Servite Skool naby Kranskop, Estcourt Christian Academy en Life Changing Christian School van Nquthu, mekaar uitgedaag om hul plek in die NKZNCSSA span te kry. Hierdie span sal op 15 en 16 September in Durban teen ander Christelike Skole in KZN deelneem.
Wel gedaan aan almal wat deelgeneem het. Die uitslae, waar Ichthus-atlete betrokke was, is soos volg:
O/9 Junior Victrix Ludorum: Mabotse Mawila
O/11 Junior Victor Ludorum: Siphume Ntombela
O/13 Junior Victor Ludorum: Hamish Grierson
Beste individuele prestasie van die dag (insluitend Turbo spiesgooi) is toegeken aan Siphume Ntombela van Ichthus met 731 ASA punte vir seuns O/10 Turbo spiesgooi.
13 rekords is op die dag verbeter, en een van hulle deur ‘n Ichthus atleet, Siphume Ntombela vir seuns O/10 Hoogspring.
Ichthus se dankie aan al die onderwysers, ouers en vriende van die skool wat as beamptes gehelp het. Ons waardeer hulle toewyding! Dankie aan Nicolene Spies, Lizette Jacobs, Wendy Tiley en al die ma’s vir die heerlike eet- en drinkgoed gedurende die dag! Ons waardeer die tyd en moeite om kreatief in die kombuis te wees en ‘n groot deel van die atletiek te mis! Ichthus bedank Hoërskool Dundee vir die gebruik van hul atletiekfasiliteite!



