communityLocal newsNews

Ons sê totsiens vir Gerhard en Daniela

Mag die Here Dundee seën op die pad vorentoe.

Tien jaar sedert die Louws Dundee hulle tuiste gemaak het, en het Gerhard, oorspronklik van Namibië, en Daniela ‘n Vrystater, het gou deel geword van die dorp en sy storie tussen die groen heuwels van KwaZulu-Natal.
Hulle het in hierdie dekade op verskillende vlakke by die gemeenskap betrokke geraak. Gerhard, saam met sy span by NG Kerk Dundee-Suid, waar hy die leraar was, het Dankofferfeeste gehou wat gou ‘n hoogtepunt op die dorp se kalender geword het. Mense vanuit die hele gemeenskap kon lekker saamkuier. Baie mense is ook gehelp deur sy prediking wat hy as ‘n gawe van die Here ontvang het. Sy lekker koffie het ook heerlike kuiers tot gevolg gehad.
Daniela het weer deel van die dorp se storie geword deur haar fotografie.
Sy is een van die min mense wat seker van bykans almal in die dorp ‘n foto op haar rekenaar het.

Kinders het voor haar lens groot gedy. Sy was aktief by ons plaaslike fotoklub, Battlefields Fotoklub, betrokke.

Albei was ook aktief by die skole van hulle kinders, Anika en Nina, betrokke. Gerhard het dan ook op Dundee Junior se beheerraad gedien. Anika het ook haar kant gebring en het verlede jaar KZN Midlands hokkie gespeel, met Nina wat in ballet uitblink, waar sy tans besig is met graad 5 ballet.
Dit is met gemengde gevoelens van hartseer oor Dundee wat hulle agterlaat, maar die opgewondenheid oor die pad in Moorreesburg lê nou voor. Hulle gaan die einde van die maand vertrek.
Baie dankie vir almal se ondersteuning en liefde die afgelope 10 jaar.

Mag die Here Dundee seën op die pad vorentoe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button