communityLocal newsNewsSchools

Ichthus Afrikaanse Redenaars met toewyding aangepak

Baie dankie aan al die deelnemers, asook aan die ouers en Mev. Zelma Emslie wat die leerlinge met die voorbereiding gehelp het.

Verskeie leerlinge van Ichthus Christelike Skool het die moed aan die dag gelê om aan die jaarlikse Ichthus Redenaarskompetisie deel te neem. Ja-nee, dit is geen grap om voor ‘n hele saal vol leerlinge te probeer om jou standpunt te stel nie!
Ichthus wens vir Tiana Maritz (Graad 7 Huistaal) en Anél de Goede (Graad 7 Huistaal) geluk met hul gedeelde eerste plek in die Graad 6 en 7 Huistaal-afdeling, sowel as Sihle Maphalala met haar eerste plek in Graad 6 en 7 Eerste Addisionele Taal-afdeling. Rhuben Malan (Graad 4 Huistaal) het die Junior Graad 4 en 5 Huistaal-afdeling gewen.
Mag die ondervinding wat hul hier opgedoen het, hul vorentoe tot hoër hoogtes aanspoor.
Baie dankie aan al die deelnemers, asook aan die ouers en Mev. Zelma Emslie wat die leerlinge met die voorbereiding gehelp het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button