Latest NewsMunicipalNews

AfriForum vra kwalifikasies aan van munisipale amptenare in Vryheid

Die burgerregte-organisasie gaan nou begin om vas te stel of munisipale amptenare in Noord-Natal aan die minimum kwalifikasies vir hul poste voldoen.

Uitgereik deur AfriForum

IN die lig van die onlangse oorwinning wat AfriForum in die Pretoriase hooggeregshof teen die eMadlangeni Plaaslike Munisipaliteit behaal het, gaan die burgerregte-organisasie nou begin om vas te stel of munisipale amptenare in Noord-Natal aan die minimum kwalifikasies vir hul poste voldoen.

“Die wet vereis dat munisipale amptenare aan minimum vereistes moet voldoen. Ons sien toenemend hoe munisipaliteite swak presteer weens onbekwame mense wat in diens geneem word,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se streekskoördineerder vir KwaZulu-Natal (Noord).

Volgens Van Aswegen het die onlangse ouditeursverslag uitgewys dat R102,26 miljoen in die afgelope boekjaar in Vryheid wanbestuur is. “AfriForum wil toesien dat bekwame persone in diens geneem word om te verseker dat belastinggeld oordeelkundig in gemeenskappe aangewend word.”

In die onlangse hofuitspraak in AfriForum se guns is beslis dat die organisasie regskoste van die munisipaliteit kan terugeis en dat die munisipaliteit inligting oor die kwalifikasies van senior bestuurders bekend moet maak.

Ondersteun jou plaaslike AfriForum-tak: SMS jou naam na 45267 (R1).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button