communityLocal newsNewsPaparazziSchoolsYouth Revolution

Ichthus atlete skitter by Nasionale Atletiek (SACSSA)

Ichthus bedank alle ouers, personeel en eksterne afrigter, Ian Gouws, vir hulle hulp deur die atletiekseisoen.

Ichthus leerlinge, personeel en ouers het rede om baie dankbaar en verheug te wees. 14 atlete van Ichthus Christelike Skool het die naweek van 23 en 24 September by die PJ de Villiers Stadium in Sasolburg aan die Nasionale Christelike Skole Atletiekkampioenskappe (SACSSA) deelgeneem. Baie dankie aan elke leerling wat hulle bes gedoen het en aan die ouers en personeel wat hulle so pragtig ondersteun het. Alle eer aan ons Hemelse Vader.
Die uitslae is as volg:
0/8: Luyanda Mbonani: 5de – 60m, 9de – 80m; Raphael Mazibuko: 8de – Turbo spiesgooi; Musa Mazibuko: 14de – 60m; 15de – 80m; 9de – 600m.
0/9: Faith Mazibuko: 3de – Turbo Spiesgooi
0/10: Sandisiwe Ncube: 17de – Turbo spiesgooi, 16de – Gewigstoot
0/11: Siphume Ntombela: 2de – Turbo Spiesgooi, 6de – Verspring, 2de – Hoogspring, 6de – 100m; Amahle Gwala: 12de – Turbo Spiesgooi;
Zandisiwe Maphalala: 22de – Gewigstoot, 6de – Turbo Spiesgooi.
0/12: Hayden Caldecott: 7de – Spiesgooi, 12de – Gewigstoot; Amy-Faith Stein: 5de – 1200m, 4de – 100m, 6de – 150m.
0/13: Sphesihle Maphalala: 11de – 800m; Ntumiseng Motloung: 4de – Spiesgooi, 17de – Gewigstoot, 7de – Diskus; Sisanda Mthombeni: 14de – Spiesgooi .
0/14: Thayne Tiley: 3de – Diskus, 9de – Gewigstoot, 7de – Spiesgooi.
Baie geluk aan Siphume Ntombela en Faith Mazibuko wat genooi is om aan die Jeug Interprovinsiale Atletiek-kampioenskap deel te neem. Ichthus bedank alle ouers, personeel en eksterne afrigter, Ian Gouws, vir hulle hulp deur die atletiekseisoen. Ons waardeer dit baie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button