communityLocal newsNewsPaparazziSchoolsYouth Revolution

Ichthus se Anél skitter by Internasionale Wetenskap Expo

Ichthus wens Anél geluk, enersyds dat sy na die Wetenskap Expo toe uitgenooi is, en andersyds met die brons medalje wat sy verower het!

Gedurende die September-vakansie het een van Ichthus se Graad 7 leerlinge, Anél de Goede, die Internasionale Wetenskap Expo, te Johannesburg, by gewoon. Projekte van Graad 5-12 van oral in Suid-Afrika, asook van die buiteland af, is by dié Wetenskap Expo tentoongestel waar leerlinge hulle navorsing met beoordelaars gedeel het. Anél het die effek wat gekoopte brood, met kalsiumpropionaat as preserveermiddel, op kinders se konsentrasie het, ondersoek. Ichthus wens Anél geluk, enersyds dat sy na die Wetenskap Expo toe uitgenooi is, en andersyds met die brons medalje wat sy verower het! Die skool bedank die ouers vir hulle ondersteuning, die personeel wat leiding gegee het, asook die gemeenskap wat deel van die navorsing was! Aan God al die eer!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button