ATKV bederf onderwysers van Glencoe Primary Skool
Daar is vir elke onderwyser ‘n “buddy” koeldrankie gegee met “Smiley” gesiggies versier en met ‘n boodskappie daarby.


Op 21 Oktober 2016 het die ATKV Tak van Glencoe die Onderwysers van Glencoe Primere Skool heerlik bederf met geskenkies om erkenning te gee aan hulle wonderlike werk met die jeug en die volwassenes van die toekoms. Daar is vir elke onderwyser ‘n “buddy” koeldrankie gegee met “Smiley” gesiggies versier en met ‘n boodskappie daarby. Omdat dit Fanta-koeldranke was, het die lede dit goedgedink om die boodskappies op die bottels daarby aan te pas. Fanta beteken eintlik “fantasties” en daarom het ons gevoel dat dit goed is om hulle fantastiese onderwysers te noem. Die ATKV waardeer dit opreg dat hulle die jeug van die toekoms op die regte pad hou. Die ATKV tak het ook vir elkeen ‘n ATKV-pen gegee wat ook aan ‘n kaartjie met ‘n spesiale onderwyser-boodskappie geheg was. Die ATKV tak van Glencoe wys hierdeur hulle waardering aan die onderwysers en toon ook hulle erkenning aan die onderwysers se harde werk.



