Op 9 en 10 Oktober het die finale rondte van die Verbruikerstudie Olimpiade by die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein plaasgevind.
Na ‘n finale eksamen, word die top tien leerders besig gehou met ‘n praktiese ervaring by die Food and Beverage Institute in Bloemfontein.
Maandagaand volg ‘n gis-demonstrasie en ‘n interessante praatjie en demonstrasie deur chef, Suné Niemand.
Na ‘n inspirerende oggend waar sprekers soos Lesley Jacobs, Merizle Mitrovich (Institure of Culinary Arts) en Ina Paarman opgetree het, word die finale wenners aangewys.
Cilmari Geldenhuys van Hoërskool Ferrum word aangewys as die KZN wenner, asook die algehele wenner van die Verbruikerstudie Olimpiade 2017.
Sy ontvang die Ina Paarman Wisseltrofee en prysgeld vir die algehele wenner en ‘n R20 000 beurs van die Institute of Culinary Arts in Stellenbosch.
Sy wen ook AMC kookware ter waarde van R3 300, ‘n Lucky Star kontantprys en geskenkpak, Ina Paarman geskenkpak, ‘n Pick-‘n-Pay geskenkbewys, resepteboeke van Lapa uitgewers, ‘n kontantprys vir die skool, asook ‘n Defy 621 stoof vir die skool.
Baie geluk, Cilmari, Hoërskool Ferrum is opreg trots op jou!
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages.
Add us on WhatsApp today! 082 874 5550

and BBM pin D1EF333B.

You can also email our offices on Reveshni Douglas at reveshni@caxton.co.za Quinton Boucher at newsun@caxton.co.za Bruce Douglas at Newed2@caxton.co.za Tersia Gopi at newed@caxton.co.za Zianne Leibrandt at ncschools@caxton.co.za



