Olifant Koorts is ‘n rugby reus met ‘n sagte hart
Hy het al op ‘n vroeë ouderdom uitgeblink op die sportveld as, onder andere, ‘n rugbyspeler, gholfspeler en krieketspeler en vandag is hy selfs gemaklik op die rolbalbaan, maar dit is op die rugbyveld waar Olifant vandag nog die tuisste voel.
In elke goeie feeverhaal, lees mens van die liefdevolle reus met die klein hart.
Adriaan Koorts, oftewel Olifant soos hy regoor Newcastle bekend staan, is die dorp se eie lieftallige reus wat alombekend is met ‘n rugbybal onder die arm en ‘n glimlag van oor-tot-oor.
LEES OOK: SPORT: Highlanders reap early season success
Olifant is gebore is Dundee en het groot geword as een van drie seuns in ‘n familie wat passievol is oor die lewe.
“Ons broers het van kleins af alles gedoen. My ouers het ons groot gemaak om baie gebalanseerd te wees en ons almal het al vroeg begin met allerhande sporte,” onthou hy.
Hy het al op ‘n vroeë ouderdom uitgeblink op die sportveld as, onder andere, ‘n rugbyspeler, gholfspeler en krieketspeler en vandag is hy selfs gemaklik op die rolbalbaan, maar dit is op die rugbyveld waar Olifant vandag nog die tuisste voel.
As die loskop stut en klubkaptein van die Boschpick Newcastle Highlanders rugbyspan, het hy dit reggekry om sy span na talle seges te lei end it word met elke wedstryd, wen of verloor, duidelik soos daglig dat hy ‘n gebore leier is, en hy skryf sy sukses en ook sy leierseienskappe, toe aan sy ma.
“My ma gaan reguit hemel toe. Ek en my broers het so baie nonsens aangejaag toe ons klein was, en tog het sy dit reggekry om ons almal deur skool te kry. Sy en my pa het ons geleer om ons beste te doen in alle omstandighede en dit het my geleer om, selfs vandag nog, hard te werk vir dit wat ek wil hê.”
As ‘n bulletjierugby-afrigter, sien Olifant altyd die beste in sy medemens raak en het hy deur die jare geleer hoe om met respek en sy kennis van sport, die beste uit sy spanmaats en die jong seuns wat hy afrig te kry.
LEES OOK: Highlanders to join Pumas league
“Ons elkeen het ons eie talente en ons moet hard werk om uit te kom waar ons wil wees. Dis vir my baie belangrik om mense te ondersteun en te help waar dit nodig is. Mens kan tog nie jou volle potensiaal bereik sonder die hulp en ondersteuning van jou vriende nie,” het hy verduidelik.
Wanneer hy nie besig is om sy hart uit te speel op die rugbyveld nie, verdien Olifant sy brood en botter as ‘n millwright by Arcelor Mittal, of kruip hy graag onder die lakens in met ‘n goeie speurverhaal om te lees.
Op naweke strooi hy ook graag meel op die vloer en hy skoffel die dansvloer aan die brand saam met sy vriende en familie, en wanneer jy hom vra hoe hy dit regkry om so baie op een slag te doen sê hy doodeenvoudig, “ek kan nie stilsit nie.”
Olifant Koorts is ‘n rugbyman, familieman en storieman wat vinnig in ‘n mens se hart inkruip en wanneer mens met hom gesels, raak hul maklik vasgevang in die stories wat hy passievol vertel.
Also remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages.

Remember to read our WhatsApp disclaimer.
You can also email our offices on Reveshni Douglas at reveshni@caxton.co.za or newsun@caxton.co.za Bruce Douglas at Newed2@caxton.co.za Tersia Gopi at newed@caxton.co.za Zianne Leibrandt at ncschools@caxton.co.za





