SPORT: Spelers trek op na baan saam met kerk
Die gemeentelede, tesame met ongeveer 40 van Newcastle se gholffanatikuste, het vroegoggend in hul getalle opgedaag vir ‘n dag van familiepret by die prentjiemooi hotel en gholflandgoed vir ‘n rondte om die golfbaan.

Saterdag (22 September) het gemeentelede van die NGKerk Bergsig hul kerkskoene en kisklere geruil vir tekkies en sportdrag, en saamgedrom by Vulintaba vir ‘n dag se gholfpret ten bate van die kerk.
ALSO READ: SPORT: Teeing off at Reformed Church golf competition
Die gemeentelede, tesame met ongeveer 40 van Newcastle se gholffanatikuste, het vroegoggend in hul getalle opgedaag vir ‘n dag van familiepret by die prentjiemooi hotel en gholflandgoed vir ‘n rondte om die golfbaan.
Op die dag het ‘n paar bekende gesigte in die Newcastle gholfgemeenskap oudergewoonte saamgekom op die lowergroen Vulintaba-gras en selfs ‘n paar vrouegholfers het hul opwagtig gemaak om ‘n paar putjies te speel ten bate van die kerkkas van die NGKerk Bergsig.
Nie eers die snikhete weer teen die laatmiddag kon ‘n demper op die pret plaas nie en aan die einde van die dag het die volgende spelers die res gewys waar Dawid die spreekwoordelike wortels gegrawe het:
Eerste plek: Gerhard Kock en Gerian Kock – 48 punte.
Tweede plek : Arthur Maartens en Riaan Joubert – 45 punte.
Derde plek: Greg Seager en Garry Radford – 45 punte c/o. Vierde plek : Danie Wessels en Chris Lubbe – 44 punte.
Vyfde plek: Dries Els en Tony Sharp – 41 punte.
Die langste dryf op Gat Een is gemoker deur Adriaan Feenstra, en Louis Scott het gewys wat in hom steek toe hy met een hou die naaste aan die pen op Putjie 8/17 gekom het.
Die dag was ‘n groot sukses en het goeie fondse vir die Bergsig-gemeente genereer.
Also remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages.

Remember to read our WhatsApp disclaimer.
You can also email our offices; Reveshni Douglas at reveshni@caxton.co.za – Bruce Douglas at Newed2@caxton.co.za – Tersia Gopi at newed@caxton.co.za – Zianne Leibrandt at ncschools@caxton.co.za and F.C. Pelser on sam@caxton.co.za



