Praat jy sjokolade?’n Oomblikkie met Minette Smith
Dis nou as dominee Pieter weer die stukke van sy ontplofde hart bymekaar kon kry.

Die uitstaande verhaal van Minette Smith moet jy saamlees met die 4000 jaaroue geskiedenis van sjokolade.
Sy is ‘n pastrychef, wat beteken dat sy ‘n meester is in die voorbereiding van soetgebak, en sy gaan nou Suid-Afrikaners leer sjokolade maak. Minette, die Suid-Afrikaans-gebore chef en sjokolademaker van die Barry Callebaut-groep, die leidende vervaardiger van sjokolade en sjokolade-produkte, het haar storie by ‘n geleentheid in Dundee kom vertel. Sy is ‘n ou skoolvriend van dominee Pieter Bester, en hy het haar genooi om haar verhaal te kom vertel.

Minette het haar chef-opleiding in Suid-Afrika begin, en met ‘n sameloop van omstandighede, wat onder andere opleiding in die harde leerskool van London, Groot-Brittanje, ingesluit het, het sy haarself bekwaam. Sy was onder andere ‘n pastry chef by Rust en Vrede Restaurant, en gaan sedert Mei hierdie jaar haar spore as die hoof van die Callebaut Sjokolade-akademie in Fourways, Gauteng, verdien.
Minette se kontak besonderhede is wyd oor die Internet beskikbaar. Sy het ‘n groep plaaslike vrouens kom inlig oor waar sy vandaan kom, wat sy doen, en hoe sy hulle van nut kan wees. By die geleentheid het Lani van der Mescht, komiteelid van Dundee Toerisme, ook die trotse eienaar geword van een van Minette se sjokoladeskeppings. Nadere inligting sal ook by die Guinea Fowl koffiewinkel in Beaconsfieldstraat beskikbaar wees. Dis nou as dominee Pieter weer die stukke van sy ontplofde hart bymekaar kon kry.

HAVE YOUR SAY:
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram or email us at dundee.courier@caxton.co.za. Add us on WhatsApp 071 277 1394.



