Bloedrivier Geloftefeesprogram 2018
Kampering kos R150 per staanplek per nag (maksimum 6 mense) vir die feestyd (8-17 Des.)- geen bespreking nodig nie.
8 – 13 Desember:
Vroeë kampeerders begin laer trek op die terrein en ontspan rustig, besoek die museum, verken die terrein en die brons wa-laer, swem in die dam, speel jukskei, ry perd ens.
14 Desember:
Perde kommando’s vertrek vanaf De Jagersdrif en ry tot op die terrein
Bergfietsresies
Aankoms van ossewa gedenktrek op terrein
Lanternloop na laer en lekker saamsing by die waens
15 Desember:
Boeresport
Skopfiets resies (jongspan)
Voortrekker demonstrasies- vetkerse maak, lopers giet, voorlaaier skiet, ens.
Klei-os kompetisie
Skyfskiet
Perdesport
Volkspele in die Eeufees saal (aand)
16 Desember:
6:00: Biduur
9:00: Vlagvoorstelling deur perdekommando
9:30: Kranslegging en Herbevestiging van die Gelofte
10:00: Erediens in Eeufees saal gelei deur Ds. F Visser (GHG Pietersburg)
11:00: Feesrede (Geskiedkundige oorsig deur Dr. LJ Bothma)
Kampering kos R150 per staanplek per nag (maksimum 6 mense) vir die feestyd (8-17 Des.)- geen bespreking nodig nie. Staanplekke het lae ampére kragpunte, maar geen braai geriewe – bring asb. u eie saam. Ablusie en opwasgeriewe het warm water. Navrae: bloedrivier.komitee@gmail.com of 0823204133 / 0829736671



