NewsSchools

Atletieksterre presteer by Hoërskool Volksrust

Op Januarie 15 het die jaarlikse Adriaan Delport Interhuis Atletiekbyeenkoms plaasgevind.

Volksrust geniet ‘n bewolkte, tog humiede somersdag en die Volkies neem in hulle hordes deel aan die byeenkoms.

Veral die UK en matriekleerders stel ‘n voorbeeld vir die res van die skool.

Alea Uys wen die trofee vir die beste prestasie van die dag met haar 825 Atletiek Suid Afrika (ASA) punte in gewigstoot vir dogters 17 jaar.

Vir die Junior Victrix Ludorum is Marnica Lamprecht aangewys en die Junior Victor Ludorum word gewen deur Duwan van Niekerk.

Alea Uys word aangewys as die Senior Victrix Ludorum en Sphelele Zondo is die Senior Victor Ludorum.

“Baie dankie aan elke ouer en toeskouer wat ons byeenkoms bygewoon het. U kind en ons waardeer u ondersteuning ten volle. Dankie ook aan elke mamma en papa wat so hard gewerk het by die OOV om ons magies vol te hou,” se skool verteenwoordigers.


Contact us

WhatsApp: 082 874 5550

Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za

Make sure you follow us for regular updates:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button