NewsSchools

Mej Pionier word glansryk gekroon

Die meisies het almal asemrowend gelyk en vanjaar se woud-temadrag was treffend en kreatief verby! Ongelooflike moeite is gedoen, van feetjies met blomvlerke tot 'n moderne Rooikappie.

Mej Pionier 2019 het reeds in die eerste kwartaal met onderhoude afgeskop, wat gehou is om ‘n Top 10 te kies.

Dié pragtige meisies het ‘n heerlike ma-en-dogter-tee geniet, waar Marchelle Opperman hulle met ‘n praatjie en aktiwiteit geïnspireer het.

Baie dankie aan Ronelle Muhl, vir al die moeite en voortreflike eetgoed wat vir die geleentheid gemaak is. Op Donderdag (Mei 2) het die glansryke geleentheid plaasgevind.

Die meisies het almal asemrowend gelyk en vanjaar se woud-temadrag was treffend en kreatief verby! Ongelooflike moeite is gedoen, van feetjies met blomvlerke tot ‘n moderne Rooikappie.

Baie geluk aan Charisma Bezuidenhout, wat as Mej Pionier 2019 gekroon is.

Dominique Bezuidenhout is die eerste prinses en Marjean van Zyl is nie net as tweede prinses gekroon nie, maar is ook as Mej Fotogenies aangewys.

Vanjaar se Mej Persoonlikheid is niemand anders as die spontane Kayla Becker nie.

Baie dankie aan Izette en Jan-Daniël Kruger, Juané Crous, Jané Claassen en Chantelle Els, wat as beoordelaars opgetree het. Julle tyd en moeite word opreg waardeer. Baie dankie aan elke leerling, ouer en besigheid wat ‘n bydrae vir die geleentheid gegee het.

Wintersport teen Amajuba:

Pionier se rugby- en netbalspanne het op April 30 teen Amajuba te Newcastle kragte gemeet. Uitslae is soos volg: Rugby – Onder-15B verloor 10-25 en die tweedespan wen 31-14. Netbal – O-14A wen 27-2, O-15A wen 28-3, die tweedespan wen 25-6 en die eerstespan wen 43-12.

Wintersport teen Clifton:

Die rugbyspanne het op Saterdag (Mei 4) na Durban gereis, om teen Clifton College te speel. Die uitslae is soos volg: O-14A speel gelykop met 10-elk, O-15A verloor 14-17, O-16A wen 42-15, die tweedes verloor 0-5 en die eerstespan speel ‘n uitstekende wedstryd en wen oortuigend met 56-20.
Die seunshokkie verloor 0-4.

SPAR-hokkietoernooi:

Die eerste dogtershokkiespan het Saterdag (Mei 4) aan die SPAR KZN School Girls Hockey Challenge te St Dominics Newcastle deelgeneem. Die uitslae is soos volg: Pionier skop die toernooi teen Pongola af en wen 5-0. Daarna speel hulle teen Sarel Cilliers en verloor 0-1. Die voorlaaste wedstryd was teen Ferrum en hulle speel 1-elk gelykop.
Laastens meet hulle kragte teen Vryheid Hoër, en speel weer 0-elk gelykop. Die dogters eindig algeheel vyfde in die toernooi.

Pionier se opedag vind plaas op Vrydag (Mei 10), om 8:30vm: “Kom kyk en ervaar hoe Pionier-gasvryheid lyk. Almal is welkom!”

Also read: Top 2 matric learners in Zululand are from Hoërskool Pionier

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button