Te midde van ‘n besige kwartaal, wat sport, akademie en kultuur betref, eindig Pionier se redenaars weereens op ‘n hoë noot.
Sommige redenaars het voor ‘n moeilike besluit te staan gekom, omdat hul moes kies tussen ‘n laaste sportbyeenkoms vir die seisoen of die redenaars semi-finaal, omdat beide die belangrike aktiwiteite op dieselfde dag plaasgevind het.
Die nege redenaars wat wel op Mei 18 aan die semi-finale rondte in Newcastle gaan deelneem het, het almal onder die Top 10 geëindig.
“Ons is ongelooflik trots op elkeen van hierdie redenaars, maar des te meer op die drie wat deurgedring het na die finale SA-byeenkoms, wat in Augustus te Goudini sal plaasvind. Dit is werklik ‘n uitsonderlike prestasie as in ag geneem word dat daar uit KZN slegs een redenaar per kategorie na die finaal kan deurdring.”
Top 2 matric learners in Zululand are from Hoërskool Pionier
Die uitslae van die semi-finaal is as volg:
- Afrikaans Huistaal Onvoorbereid Graad 10 tot 12: Christinet Zaal (eerste).
- Afrikaans Huistaal Voorbereid Graad 10 tot 12: Anrie Janse van Rensburg (vyfde) en Dee-Mari Kriel (agtste).
- Afrikaans Huistaal Onvoorbereid Graad 8 en 9: Daniélle Bosman (eerste), Zoé Richards (derde) en Johanné Smith (agtste).
- Afrikaans Huistaal Onvoorbereid Graad 8 en 9: Susan Gregory (tweede) en Ilani Lathleiff (derde).
- Afrikaans Addisionele Taal Voorbereid Graad 8 en 9: Cay-li Birkenstock (eerste).
“Baie geluk en sterkte aan Christinet, Daniélle en Cay-li, wat Pionier se naam tydens die SA-byeenkoms sal hoog hou! Oranje wit en blou!”
Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates






