NewsSchools

Jong redenaar is die trots van Lucas Meyer

LMS is baie trots op sy redenaars, wat verlede week aan die tweede ronde (KZN-finaal) van die ATKV-Redenaarskompetisie deelgeneem het.

Diè leerlinge het weer puik gevaar en LMS se naam hoog gehou. In die afdeling vir Graad 6 en Graad 7 huistaal, behaal Jasmin van Rooyen ‘n algehele vierde plek en Lené Janse van Rensburg ‘n algehele tweede plek.

“Ons is veral trots op Keagan Keightley, wat in die afdeling vir Graad 4 en Graad 5 huistaal algeheel eerste eindig. Met hierdie top-posisie in KZN, kry Keagan die geleentheid om ons provinsie op Augustus 1 te Goudini Spa, by die Nasionale Finaal te gaan verteenwoordig.”

Karate: By LMS, kry leerlinge wat aan nie-skolesport deelneem ook erkenning. Geluk aan Zelma Böhmer, wat by die JKA Kampioenskappe ‘n silwer-medalje ontvang het in die fisiese kontakt afdeling.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button