
Primêre SkoolDit was vir Lucas Meyer Skool ‘n groot voorreg om Vryheid Kindersorg met hul jaarlikse ‘Tekkiedag’ te ondersteun.
ALSO READ: LMS leerling presteer nasionaal
Daar is voluit gegaan en leerlinge is toegelaat om saam met hul tekkies, gewone klere skool toe aan te trek. Een van LMS se waardes is ‘omgee’ en leerlinge het met oorgawe gehoor gegee om Vryheid Kindersorg met hierdie fondsinsamelingspoging te ondersteun.
“Baie dankie aan al die leerlinge wat hierdie dag se sukses verseker het en aan ons ouers, wat weereens gewys het waarom Lucas Meyer ‘n wenskool is!”
ALSO READ: LMS visit Vryheid’s historical sites
Dans: LMS se leerlinge is op vele terreine betrokke en leef hul talente uit. Tydens die SADI (South African Dancing Institute) kampioenskappe het vier van LMS se leerlinge deelgeneem.
Denise van Wyk, Chané Swanepoel, Tiffany Janse van Rensburg en Anje Erasmus het die geleentheid aangegryp om hul dansvaardighede ten toon te stel.
Baie geluk aan Denise, wat raakgesien is en genooi is om in 2020 die ‘Global Tour’ in Dubai bytewoon.
Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates






