Die koshuis by Dundee Hoërskool het verlede week aan geliefde Matrone, Rina Botha totsiens gesê. Julie, die hulpmatrone, het haar gaste by die hek ingewag, want Rina het nie juis geweet wat die kinders gaan doen nie, en dit was veronderstel om ‘n verrassing vir haar te wees.
In die eetsaal was dit duidelik dat Julie en haar helpers ‘n reusetaak in pseudo-geheimhouding hier voltooi het. Rina was al 24 jaar matrone by hierdie koshuis. Sy was ‘n oudonderwyseres wat hier tot ruste gekom het.
“Die koshuis is soos een groot familie. Almal dra almal op die hande hier, wat maak dat jy jou hart in jou hande hou.”
Sy gaan nou amptelik aftree, en vir eers in Vryheid aanbly.
Soos wat sy gesê het, “Ek gaan nou eers nesskop, en kyk wat bied Vryheid.”
Na aanleiding van die kinders se reaksie was dit duidelik dat sy gemis gaan word. Die voordrag van die hoofmeisie, Andiswa Mthembu, het dit duidelik laat verstaan dat sy ‘n gat gaan agterlaat. Dalk is dit hoekom sy net Vryheid toe trek?


HAVE YOUR SAY:
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram or email us at dundee.courier@caxton.co.za. Add us on WhatsApp 071 277 1394.



