NewsSchools

Tweelinge in dosyne by Pionier Hoër

Double trouble, maar beslis ook dubbele vreugde!

By Pionier, kry hul sowaar dubbel dosisse van dieselfde gesiggie!

‘n Nuwe juffrou het onlangs gesê: “Ek het eers in Junie besef die vriendelike gesiggie en groet van ‘n Smith-seun is eintlik twee.”

Dit neem ook soms kopkrap om identiese tweelinge van mekaar te onderskei – net ‘n sproet kan dalk die verskil maak! Kattekwaad en onnutsigheid kan voorkom as dié tweelinge op ‘ander’ plekke sit, en die onderwysers dan moet kopkrap! Sommige onderwysers kombineer die name wat soos volg klink: Vuvu en Lala word Vula, en Anja en Niekie word Ankie. Double trouble, maar beslis ook dubbele vreugde!

Impi-motorfietswedren: ‘n Paar seuns het aan die Impi-motorfietswedren tydens die vakansie deelgeneem.
Marnus Smith het 25ste algeheel en sesde in sy afdeling geëindig, en goud daarvoor ontvang. Muller Smit het 31ste algeheel en sewende in sy afdeling gekom, en goud daarvoor ontvang. Henk Zaal het met ‘n brons toekenning klaargemaak.

Karate: Natasha en Samantha Roux het tydens Maart aan die NKZN-kampioenskappe te Newcastle deelgeneem. Albei ontvang goud vir kata en kumite. Daarna het hulle aan die SA-kampioenskappe deelgeneem. Natasha ontvang goud vir beide kata en kumite, en Samantha ontvang goud vir kumite en silwer vir kata.
“Baie geluk, julle twee.”

Also read: Miss Pionier 2019 wages war against plastic waste

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

  

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button