NewsSchools

Akademici presteer by LMS

LMS is baie trots op die akademiese prestasies van sy leerlinge.

Die Top 10 presteerders vir die tweede kwartaal is aangewys en die volgende leerlinge word hartlik geluk gewens met die mooi prestasies:
Graad 4 – Layla Liversage, Suzanne Wagner, Lize Craig, Righard Odendaal, Lianca Badengorst, Niquita Steyn, Lee-Ann Small, Danell Coetzee, Izak Breytenbach, Andria Greilingh.
Graad 5 – Keagan Keightley, Michal Richter, Jean Theron, Wian de Villiers, Liané Rabe, Danielle Wessels, Edrich Burger, Nathasha du Toit, Liam Landman, Lucille Solms, Johané Jansen.
Graad 6 – Leonie Joubert, Megan Kemp, Chiné Beeslaar, Minke Mentz, Suné de Swardt, Carla Janse van Rensburg, Ashley Loch, Franco Jonker, Jan Duvenage, Elizabeth Liversage.
Graad 7 – Jasmin van Rooyen, Anro Swanepoel, Yvette de Swardt, Madri Strauss, Alex Brink, Gustav Prigge, Clarné Burger, Kyle Barsdorf, Keira Benade, Janika Ferreira.

Die Top 10 LMS leerlinge vir die tweede kwartaal.

Opedag: Die opedag word op Augustus 1 aangebied. Verrigtinge begin om 8.30vm in die skoolsaal. ‘n Baie interessante program word vir die besoekende leerlinge aangebied en ouers het ‘n inligtingsessie in die skoolsaal. Alle kinders wat in 2020 in Graad RR, Graad R en Graad 1 gaan wees, word saam met hulle ouers uitgenooi om hierdie opedag by te woon.
Krieket: Die krieketliga is tans in volle swang en die onder-11s sowel as o-13s speel weekliks wedstryde. Die o-11A span het verlede week na Pongola gereis. Geluk aan Pongola Akademie wat die wedstryd met agt paaltjies wen. Die o-11B span het teen Michaelis Schule gespeel en verloor die wedstryd met een lopie. LMS se o-13A en o-13B spanne meet kragte teen mekaar volgens die ligabepalings. Die o-13A span het ‘n mooi oorwinning behaal. Samuel Steyn teken 102 lopies (nie uit nie) aan en Anro Swanepoel teken 95 lopies aan. Reinard Backeberg laat die kolwers les opsê en neem vier paaltjies in slegs drie beurte en staan slegs een lopie af.
Señor Chef: Baie dankie aan die leerlinge, ouers en die publiek vir die ondersteuning met die Señor Chef Fondsinsameling. Hierdie projek was ‘n groot sukses en LMS leerlinge het in die proses ook mooi pryse ontvang.
Program:
Julie 26 – Skyfskiet Interskole, Ferrum
Julie 27 – LMS Gholfdag
Julie 29 – O-13 Krieket Streeksproewe
Julie 30 – LMS Atletiek te Pionier
Augustus 1 – LMS Opedag.

Also read: LMS leerders gee om vir Vryheid kinders

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

  

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button