NewsSchools

Pionier se kreatiewe talent is sonder perke

Twee van ons leerders neem gedurende Augustus aan verskillende landswye skryfkompetisies deel. Christinet Zaal, Gr 11, skryf vir die Beeld Afrikaans Kreatiewe Skryfkompetisie in en eindig algeheel 25e in die land met haar uitsonderlike opstel! Susan Gregory, gr. 8, neem aan die FAK Nasionale Skryfkompetisie deel. Haar unieke gedig verdien goud en sy dra ook …

Twee van ons leerders neem gedurende Augustus aan verskillende landswye skryfkompetisies deel. Christinet Zaal, Gr 11, skryf vir die Beeld Afrikaans Kreatiewe Skryfkompetisie in en eindig algeheel 25e in die land met haar uitsonderlike opstel! Susan Gregory, gr. 8, neem aan die FAK Nasionale Skryfkompetisie deel. Haar unieke gedig verdien goud en sy dra ook die kategorie-wenners titel. Nog is het einde niet. Susan wen ook goud met ‘n tweede skryfstuk,’n opstel. Weer is sy die kategorie-wenner! Behalwe vir die twee onderskeie goue sertifikate, vereer die FAK haar ook met ‘n boekprys. Baie geluk aan beide hierdie talentvolle, kreatiewe dogters. Pionier is trots op julle!

Skyfskiet:

Pionier het vanjaar 8 skuts gehad wat in die Septembervakansie aan die SA-kampioenskappe in die Wes-Kaap deelgeneem het. Die uitslae is soos volg: O/14- Veerklas: Karl Fourie 17de, Anika Dedekind 12de. O/14-Sporterklas: Jadon Richter 52ste, JP Barnard 30ste. O/16-Sporterklas: Rhyno van Zyl 17de. O/21-Veerklas: Thomas Kotze 15de. O/21-Sporterklas: Cayla Putter 57ste, Righardt van Zyl 17de. Baie geluk aan die skuts.

Bergfiets:

Wynand Clack het aan die SA-bergfiets kampioenskappe te Wagpos deelgeneem. Hy sê die kompetisie was straf, maar hy het ten spyte daarvan sy KZN-kleure verwerf. Baie geluk, ons is trots op jou!

Ringbal:

Die volgende leerlinge is in onderskeie KZN-ringbalspanne ingesluit. O/15-dogters: Sue-Marie Stander. O/15-seuns: Andrew Wolf, Duan Wolfaardt en Stephan Theron. O/17-seuns: Francois Theron. Senior vroue: Geoanie Schwartz. Ons is baie trots op die volgende leerlinge wat vir die SA-uitnodigingspan verkies is: O/15-dogters: Sue-Marie Stander (kaptein). O/15-seuns: Andrew Wolf (kaptein). O/17-seuns: Francois Theron. Senior vroue: Geoanie Schwartz.

Matriekkerkdiens:

Vrydag, 11 Oktober om 12:00 in die NG-Moedergemeente. Alle ouers en belangstellendes is welkom om die erediens by te woon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button