Paddadam plakkers is van piekniekarea verwyder
Plakkers plak onwettig by die Paddadam

Op 18 Oktober het SAPS, beamptes van Openbare Veiligheid tesame met Wyksraadslid, Alta de Kock, vier onwettige plakkers vanuit die Paddadam piekniekarea verwyder.
Die vier onwettige bewoners is terug na hul omliggende omgewings geneem.
Die plakkers kom vestig hulself gereeld by die Paddadam, en daarmee saam kom daar verskeie problematiese gevolge vir die omliggende inwoners en omgewing.
Daar is voorheen al pogings aangewend om hierdie mense te herenig met hul onderskeie families. Gratis vervoer is vir hulle aangebied, en hulle is ook van sakke meel voorsien sodat die plakkers ‘n beter lewe saam met hul familes kan hê. Alhoewel die plakkers beweer dat hul nie enige familie het nie, blyk dit uit gesprekke met die plakkers dat daar wel familielede is waarheen hulle verskuif kan word.
Ongelukkig kom die plakkers elke keer terug. Skynbaar wou een van hierdie plakkers onlangs ‘n vrou met ‘n tuisgemaakte spies steek, en ‘n Openbare Veiligheidsbeampte het hom laat arresteer.
Daar word aantygings gemaak van gereelde inbrake in die omgewing, en na bewerings is daar gesteelde goedere by die plakkerskampies gevind.
Cllr de Kock bedank die gemeenskap: “Baie dankie vir al die ondersteuning en hulp, asook vir inwoners wat wakker is en ons attent maak daarop.”

ALSO READ: Overflowing Paddadam predicts ominous warning for AbaQulusi
Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates






