Local newsNews

Die jonges van dae is nog volstoom ‘aan die gang’

Elke eerste Saterdag van die maand kom die klub-lede bymekaar om te kuier, te eet en om soms ook bingo te speel.

Die spreekwoord lui: oud, maar nog nie koud!
Dit is beslis die geval met Klub 60.
Hierdie ‘jonges’ het verlede Saterdag hul Kersete gehad by die Suid-Oos NG Gemeente se kerksaal.
Die inisiatief vir hierdie klub het oorspronklik 40 jaar gelede ontstaan vir spoorweg pensioenarisse, maar deur die jare het die klub hul deure oopgemaak vir alle bo sestig-jariges van die
gemeenskap.
Elke eerste Saterdag van die maand kom die klub-lede bymekaar om te kuier, te eet en om soms ook bingo te speel.
Tydens Saterdag se byeenkoms het die lede kersliedere saamgesing met die begeleiding van ‘n trekklavier en kitaar, gespeel deur Sarah Etchell en Rina Greeff.
Die kostafel het gekreun onder die tipies tradisionele kersete, van gestolde slaaie en skaapboude.
Ann van Rensburg het die mees sielvolle voorlesing gedoen uit die boek Hillbrow is Nie vir Sissies Nie: Ware Stories van Hoop, geskryf deur Elise Bosch, om by te dra tot die feestelikheid.
Klub 60 wens almal ‘n geseënde feesseisoen toe!

Eddie Lowe is al 95 jaar oud en is steeds ‘n aktiewe lid van Klub 60.
Betty de Bruin en Monica Redinger geniet die saamkuier tydens Klub 60 se Kersete.

ALSO READ: Klub 60 se afsluitingsfunksie totsiens 2015

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button