Local newsNews

Weerlig betrap Botha egpaar onkant

Die weerlig het die televisie se satelliet-skottel buite die woning raakgeslaan en die drade afgebrand

Die Vryheid-omgewing is in die laaste tyd geteister deur erge donderstorms en sterk wind.
Hierdie ongure omstandighede het egter groot skade berokken aan die egpaar Botha in Uitlanderstraat.
Gedurende die vroeë oggend-ure van 23 November het die egpaar wakker geskrik as gevolg van ‘n brandreuk en rook wat vanuit die dak geborrel het.
Die weerlig het die televisie se satelliet-skottel buite die woning raakgeslaan en die drade afgebrand.
Die weerligstraal het verder deur die drade in die dak beweeg en het meeste van hulle elektroniese stelsels uitgebrand.
Na ‘n beraming, is daar ongeveer R17 000 se skade aangerig.
Don Botha verduidelik dat die harde slag die huis laat skud het en alle ligte was uitgeslaan.
Die Bothas is dankbaar dat hulle ongedeurd van die beproewing afgekom het.

‘n Glas het ook deurgeloop deur die weerligstraal binne-in die huis langs die televisiestel.

ALSO READ: KZN disaster teams remain on storm alert

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button