Editor's choiceLocal newsNews

Landelike veiligheid: Bestuur van emosies nou krities belangrik

“Hierdie misdade is besig om 'n skokkende werklikheid te word en lei tot die opbou van emosies" - AgriSA

Boere, plaaswerkers en landelike gemeenskappe word toenemend die teiken van misdadigers.

Brutale aanvalle lei tot moorde en misdaad wat nie net produsente nie, maar ook huishoudings en die breër gemeenskap raak. Dit bedreig landelike stabiliteit, beperk beleggings en het ‘n direkte negatiewe impak op ekonomiese groei.

Landelike misdaad het verder ‘n impak op die landbou en landelike gemeenskappe wat trauma en die verlies van onskuldige lewens tot gevolg het. “Hierdie misdade is besig om ‘n skokkende werklikheid te word en lei tot die opbou van emosies. Ons leiers vind dit toenemend moeilik om hierdie emosies te kalmeer en dit kan aanleiding gee tot wettelose optredes wat Agri SA nie kan verdedig nie. Ek wil graag ons lede maan om enige optrede binne die landswette te hanteer en nie op ‘n wettelose manier op te tree nie.” sê Pierre Vercueil, President, Agri SA.

Agri SA verneem ook van sy lede dat verskeie onwaarhede oor die Senekal gebeure in die sosiale media versprei word. “Ek doen ‘n oproep op die lede van die publiek om hulle te weerhou van die plasing van sulke boodskappe wat verder lei tot die aanwakker tot emosies en nie bydrae tot die regsproses wat hom tans uitspeel nie” sê Vercueil.

Die blatante miskenning van wet en orde, die toepassing van dubbele standaarde en opruiende politieke uitsprake het ‘n nadelige uitwerking op die wese van die Suid-Afrikaanse samelewing en op landelike veiligheid. Dit bedreig verder die strategiese belang van landbou en ondermyn vertroue in die sektor. Agri SA en sy lede-organisasies is ten volle verbind tot die implementering van die Hersiene Nasionale Landelike Beveiliging Strategie.

Die meer effektiewe implementering van hierdie strategie moet bydrae tot die bekamping van plaasaanvalle om sodoende ‘n veiliger omgewing vir die landbou te skep om in te produseer. “In ons gesprekke met die polisie vroeër die week is veral klem gelê op die implementering van die strategie, ‘n verbeterde resivistestelsel en die vestiging van veiligheidsbeheersentra deur die land in ‘n poging om ook daardeur plaasveiligheid te verbeter,” sê Tommie Esterhuyse, voorsitter Agri SA Sentrum van Uitnemendheid, Landelike veiligheid.

“As ‘n organisasie is ons verbind tot samewerking met die polisie en die regering om plaasaanvalle, moord en landelike misdaad te bekamp. Aangesien dit ons grondwetlike reg is om beskerm te word, doen ons ‘n beroep op die polisie en die regering om met absolute oortuiging te reageer en nie afstand te doen van die handhawing van wet en orde nie”. 

Related story:

Rally to improve farm security


HAVE YOUR SAY: Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram or email us at dundee.courier@caxton.co.za. 
Add us on WhatsApp 071 277 1394.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Terry Worley

Terry Worley has been associated with the Courier for many years and is involved in the community covering a variety of issues affecting residents. He has a passion for local politics and for the history of the area.

Related Articles

Back to top button