VRYHEID KZN: ‘n Suksesvolle eerste kwartaal agter die rug
Aan elke Pionier, geniet die vakansie, kyk mooi na jouself en kom veilig terug. Die skool heropen op Maandag, 3 Mei

Die eerste kwartaal het weer met baie onsekerheid begin; 10 weke het verby gevlieg en ons kan op ‘n baie suksesvolle eerste kwartaal terugkyk. Personeel en leerlinge het vinnig weer aan al die Covid-19 reëls en regulasies gewoond geraak en dit is soos tweede natuur. Ons wil net aan elke onderwyser, werker en leerling dankie sê vir julle harde werk en samewerking. Saam maak ons ‘n verskil. Die sport het uiteindelik weer met al die nodige regulasies kon afskop. Die leerlinge en afrigters is almal besig om hard vir die seisoen wat wag voor te berei.
Hokkie:
Op 16 April skop Pionier se seuns- en dogter eerstespanne die wintersportseisoen teen Curro Mount Richmore op ons tuisveld af. Die seuns-eerstespan speel 2-2 gelykop. Die dogters-eerstespan wen 7-0. Baie geluk aan die twee spanne – ons is baie trots op julle!
Stoei:
Danie de Beer en Theuns van der Merwe het op 10 April in Volksrust aan die eerste ‘Legend Cup’-toernooi van die jaar deelgeneem. Hulle het hulself goed van hul taak gekwyt en Pionier se naam hoog gehou. Welgedaan, manne!
Gholf:
Anika Smit het op 10 en 11 April aan Vryheid Gholfklub se jaarlikse klubkampioenskappe deelgeneem. Sy het met een hou voor gewen en eindig eerste met ‘n telling van 145 houe oor 36 putjies. Baie geluk, hou so aan!
Swem:
‘n Groepie swemmers het die naweek van 26-27 Maart aan SSA Level swem te Richardsbaai deelgeneem. Agv die Covid-19 inperkings is daar hierdie jaar verskeie byeenkomste op verskillende plekke gehou. Baie geluk aan die volgende leerlinge wat hulle levels behaal het: LEVEL 2: Ilani Lathleiff. LEVEL 3: Melé Erlank, Daniëlle Bosman, Pierre Grobler, Zoé Richards en Dirk Grobler. Graag wil ons Ashley Loch met haar uitstekende prestasies gelukwens. Sy het al haar tye in amper al haar items verbeter. Ons is baie trots op haar dat sy, ten spyte van al die Covid-19 uitdagings, so goed vaar die seisoen. Sy behaal die Suid-Afrikaanse Nasionale Juniorspan.
Aan elke Pionier, geniet die vakansie, kyk mooi na jouself en kom veilig terug. Die skool heropen op Maandag, 3 Mei.
ALSO READ: VRYHEID: Excruciatingly hot day for golfers at Hoërskool Pionier’s Golf Day
Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates






