NewsSchoolsVryheid Herald

VRYHEID KZN: Pioniers het omgeeharte…

Pionier se opedag vind op 16 Junie 2021 plaas en ons sien uit om jou daar te sien

Pionier het vyf waardes, naamlik: respek, geloof, vriendelikheid, eerlikheid en OMGEE. Pioniers het nie geskroom om hulle omgeeharte teenoor Nuwe Republiek Primêre Skool oop te maak nie. Ons personeel, leerlinge en ouers het, soos oudergewoonte, saamgestaan en hande geneem. NRS het groot skade nadat hul koshuis en sommige klaskamers afgebrand het. Talle leerlinge se skoolbehoeftes is in die brand verwoes en is met niks agter gelaat. Dankie aan elke leerder, onderwyser en ouer wat met skryfbehoeftes of enige ander donasie bygedra het. Ons hoofleiers het bokse vol skryfbehoeftes by NRS gaan aflaai en dit is met baie dankbare harte ontvang. Pionier se opedag vind op 16 Junie 2021 plaas en ons sien uit om jou daar te sien.

ALSO READ: VRYHEID: Excruciatingly hot day for golfers at Hoërskool Pionier’s Golf Day

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button