Local newsNewsVryheid Herald

VRYHEID KZN: ‘Ons Winkel’ maak hul deure vir die gemeenskap oop

Vanuit die wins van die verkope bied die 'Ons Winkel' inisiatief jaarliks rentevrye studielenings aan studente wat dit nie andersins sou kon bekostig het nie

Solidariteit Helpende Hand het ‘n skenkingswinkel met die naam van ‘Ons Winkel’ op die been gebring. Daar is meer as 100 winkels landswyd waar lede van die publiek skenkings van tweedehandse goedere byvoorbeeld meubels, kombuisware, linne en klere kan maak. Die winkels verkoop die skenkings dan teen bekostigbare pryse aan die publiek. ‘Ons Winkel’ koop geen items aan nie, en maak slegs staat op skenkings vanuit die gemeenskap. Vanuit die wins van die verkope bied die ‘Ons Winkel’ inisiatief jaarliks rentevrye studielenings aan studente wat dit nie andersins sou kon bekostig het nie. Nie net bied hul studielenings aan nie, maar van die wins van die winkel bied Helpende Hand ook maatskaplike dienste aan die gemeenskap asook werksgeleenthede aan. Elke aansoek vir maatskaplike hulp gaan eers deur ‘n maatksaplike keuringsproses om te verseker dat die aansoeker wel voldoen aan die kriteria, sodoende word die persone wat dit die meeste benodig bygestaan.

Op 29 September het Vryheid sy eie ‘Ons Winkel’ gekry en word bestuur deur Zelda Fourie en Elize van Eeden. Die Vryheid-tak is tans die derde Ons Winkel in KwaZulu-Natal, met ‘n vierde tak wat eersdaags ook in Dundee gaan open. Indien enigiemand oorbodige items het wat hul wil skenk, kontak gerus vir Zelda (082 859 3955) of Elize (083 475 5158) of besoek die Ons Winkel in Hlobanestraat 200.

“Jou item is nie net ‘n item nie, dit is ‘n toekom. Dit is my winkel, dit is jou winkel, dit is Ons Winkel.”

ALSO READ: NEWCASTLE KZN: ‘Ons Winkel’; is coming to Newcastle

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button