Local newsNewcastle AdvertiserNews

NEWCASTLE KZN: Volksrust Hoërskool se NT gaan vir goud

NT is die enigste leerder uit Mpumalanga wat ʼn goue medalje verwerf het tydens die expo.

NT Moolman, ‘n Graad 11 leerder by Hoërskool Volksrust, het onder die leiding van sy wetenskap onderwyser, Hennie van Niekerk, aan die Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes deelgeneem.

NT het weereens vanjaar puik gepresteer en het ʼn goue medalje op ‘n nasionale vlak verwerf.

NT is die enigste leerder uit Mpumalanga wat ʼn goue medalje verwerf het en dit is reeds die tweede jaar in ‘n ry wat NT goud op  ‘n nasionale vlak verwerf het.

“Hoërskool Volksrust is geweldig trots op hierdie seun,” het die skool se Marietjie Steyn gesê.

Die doel van NT se projek was om vas te stel of chemiese stowwe wat uit plante onttrek word, gebruik kan word om die bederf van groente en vrugte as gevolg van muf en bakterieë, te voorkom.

Ongeveer 1,3-biljoen ton groente en vrugte word jaarliks vermors en meeste hiervan is as gevolg van muf en bakterieë.

Tydens die projek het NT ses algemene plantspesies vir effektiwiteit as ‘n organiese en veilige swam- of bakteriedoder getoets. Elkeen van die ses plantspesies was effektief, wat dui daarop dat dit gebruik kan word om die raklewe van groente en vrugte organies te verleng.

“Baie geluk aan NT. Hierdie baanbrekerswerk van hom gaan ons beslis in die toekoms help om ons groente en vrugte langer vars te hou, op ʼn heeltemal onskadelike manier!”


Contact us

WhatsApp: 082 874 5550

Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za

Make sure you follow us for regular updates:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button