Volkies vier jaarlikse ‘Mnr en Mej VHS’
Volkies vier jaarlikse ‘Mnr en Mej VHS’ – Hoërskool Volksrust het weereens gesorg vir top klas vermaak tydens die jaarlikse Mnr en Mej VHS. Anoushke Houy se Volkies se gekose kandidate het definitief nie teleurgestel nie en het alombekende Netflix-karakters so goed kom uitbeeld op die Volkieverhoog dat die gehoor heelaand aan hulle lippe kon …
Volkies vier jaarlikse ‘Mnr en Mej VHS’ –
Hoërskool Volksrust het weereens gesorg vir top klas vermaak tydens die jaarlikse Mnr en Mej VHS.
Anoushke Houy se Volkies se gekose kandidate het definitief nie teleurgestel nie en het alombekende Netflix-karakters so goed kom uitbeeld op die Volkieverhoog dat die gehoor heelaand aan hulle lippe kon hang, terwyl hulle heerlik kon smul aan verversings.
Al die kandidate was kort op mekaar se hakke, maar Lorainne Magudulela en Zack Kranhold het dit reggekry om die beoordelaars se harte te verower en het weggestap as Mnr en Mej VHS van 2022.
Tiara Naidoo het geglinster as eerste prinses met Davida Steenkamp as tweede prinses. Tewie Uys was gekroon as eerste prins met Ben Uijs as tweede prins.
Ons sou nie hierdie praggeleentheid kon aanbied as dit nie was vir ons borge, Volksrust Battlefields Lodge, Electronic Boutique, Battlefields Guest House, Espresso Artè Café, MICA, Rolene Strauss, Trio Butchery, Jeanie Hairdressers, Elizabeth Bloemiste, House of Hair, Butterfly Kisses, Simplicity Salon, Volksrust Wimpy, Marius & Lizzy Lamprecht en ons beoordeelaars, Eduan Muller, Noni Kunene en Riska van Rooyen.”
Namens die Graad 10 VLR wil Volkies net sê dat die skool se beker oorloop van dankbaarheid. Hoërskool Volksrust sê ook dankie aan elke hand wat hulp bygesit het wat die aand een vir die boeke gemaak het.
‘N ekstra groot, spesiale dankie aan elkeen wat ons kom ondersteun het… Matrieks van 2022, julle het ware Volkie Guts getoon; mag julle eksamen wat voorlê net so suksesvol wees en los maar vir nou eers die Netflix.”
The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and request an add on our WhatsApp (082 874 5550).



