Editor's choiceLifestyleNewcastle AdvertiserNews

#MotivationMonday: Hou jou ketel se deksel toe

"Elke dag is verskillend en almal het nie altyd lus vir suikersoet koffie nie, dus gooi jy minder suiker aka vriende in."

Opinion piece by Vryheid Herald’s Carlien Grobler:

Ek het my boiling kettle/water-era bereik.

Jy sal dalk nou redeneer dat enige ketel mos maar kook, maar wanneer jy die ketel te vol maak, dan borrel daardie kokende water oor en dit brand alles rondom die ketel.

So is dit met mense ook – of eerder so is dit met meeste mense.

Wanneer jy koffie maak, dan is die suiker, koffie en vars melk tog nie alles in een houertjie wat jy in die winkel se yskas kan gaan koop nie. Ons praat nou nie van sakkies cappucinos ensovoorts nie.

Elke component van die koffiemaak-proses is apart. Alles bly apart totdat dit bymekaar gevoeg word om vir jou daardie heerlike koppie koffie te gee.

Mense se lewens is dieselfde of altans behoort so te wees.

Jou bestandele is uiteengesit en jy meng nie alles bymekaar nie.

Jou persoonlike lewe moet apart wees van jou professionele lewe.

Jou vriende is in een houertjie, jou kennisse in ‘n ander, kollegas in nog ‘n houertjie en dan jou familie in een… so kan jy elke aspek in jou lewe kategoriseer.

Dit raak gevaarlik en gekompliseerd wanneer jy byvoorbeeld vriende met kollegas meng en visa versa.

Die ketel is jou emosionele komponent.

Gewoonlik vul jy die ketel met net genoeg water sodat dit die perfekte koppie koffie (of drie) kan maak – waar daar bietjie vriende, familie of kennisse vanuit jou houertjies met ‘bestandele’ bygevoeg is – mens noem dit jou daaglikse lewe.

Elke dag is verskillend en almal het nie altyd lus vir suikersoet koffie nie, dus gooi jy minder suiker aka vriende in.

So kan jy aangaan en bietjie hier en daar bestandele uitlaat en tweak om jou koppie koffie perfek te maak om jou siel te voed.

Maar jy bêre altyd weer die bestandele apart terug in die houertjies sodat dit nie meng met mekaar nie aka boundaries.

Wanneer jou ketel oorkook, beteken dit ook dat jou emosies oorlaai was deur verskeie eksterne faktore.

Jy het toegelaat dat mense te veel van hul eie emosies in jou ‘ketel’ gooi – die woord is projekteer, dink ek.

Jy moes hul betyds gekeer het, voordat jou ketel te vol geraak het, maar jy het nie. En wanneer dit te laat is, kook jou water oor en brand almal om jou.

Ek het ‘n punt daarvan begin maak om te keer dat my koffie se bestandele meng maar eerder in aparte houertjies staan (en bly staan), asook keer ek betyds voordat mense ekstra water (emosies) in my ketel gooi.

Mense hou nie daarvan as jou ketel oorkook nie, maar hul hou ook nie daarvan dat jy hulle keer om die ekstra water in te gooi nie.

Die teenoorgestelde kan ook gebeur, wanneer mense van jou ketel se water (emosies) heeltyd vat en vat en demand sonder dat jy kans kry om jou ketel weer te vul.

Dan brand jou ketel se element uit en jou ketel moet weggegooi word aka emosionele uitbranding.

Vir jou eie sanity en emosionele welstand, moét jy jou ketel se deksel toemaak sodat daar nie onnodige en ekstra water ingegooi (of gevat) kan word nie, anders kook jy oor.

En kokende water… brand letsels – it is what it is!

Image shared by Carlien Grobler.


The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. 

Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe.

For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and request an add on our WhatsApp (082 874 5550).

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button